President Reitz Kamerwonings (RKW)
  • Home
  • REITZ
    • Kortliks oor Reitz
    • Reitz 65 / Heimat 5 : Reünie 2013
    • Reitz 2008 : Blouwillem
    • Reünie Foto's 2013
    • Foto's '59 tot '62
    • Foto's '76 tot '79 (1)
    • Foto's '76 tot '79 (2)
    • Foto's 80's (1)
    • Ererol
  • HEIMAT
    • Agtergrond
    • Aktiwiteite
    • Doen Aansoek
    • Rugby Kampioene! Beste Koshuis in SA
    • Heimat Jool 2014
    • Belangrike Nuus 2013
    • Heimat 5 : Reünie 2013
    • Foto's 1
    • Foto's 2
    • Foto's Jool 2013
    • Foto's Potch Julie 2013 HM
  • ROBBE
    • Teken in op Nuusbrief
    • Projekte
    • Beplande Mini - Reünie : George : Desember 2015
    • NUOR Komitee 2013 - 2018
    • NUOR Bydraes
    • Mini Reünie Maart 2014
    • Robbe Foto's
  • BESTUUR
  • REITZ BLOG
  • KONTAK ONS

Bekendstelling van nuwe Reitz Heimat-gebou

8/3/2016

 
Picture
Beste ROBBE
 
Saterdag 6 Februarie 2016: 15:00 die middag. Adres. Reitz, die nuwe Reitz-koshuis met agt verdiepings waarvan ses deur Reitzmanne beset word.
 
‘n Grootse oomblik vir my om in die “gazellie” op die sesde vloer in te stap. Altesaam 51 Jarre (eerstejaars) en bykans dubbeld die hoeveelheid van verlede jaar, sit deftig in khaki langbroeke, blou hemde met dasse en blou baadjies kop onderstebo op die vloer. Klink dit bekend of is jou eie eerstejaar te ver terug in die verlede?
 
Die geleentheid: om die nuwe koshuis, ons koshuis, die nuwe Reitz aan die oumanne bekend te stel. Een na die ander daag hulle op, met ‘n verwagting en dalk ook ‘n onsekerheid want ”ons Reitz was mos plat op die grond!!!”
 
Oom Piet Nel (1949 – 1952), oom Jan Lambrechts en oom Manie Wolfaardt (beide eerstejaars in 1957 in Steyn wat toe ‘n manskoshuis was en vanaf 1958 in President Reitz-kamerwonings), Joggie Jansen, Nick Saayman, Nic van Wyk, Louis van Biljon, Marnus Swanepoel, Japie Steenkamp om maar ‘n paar name te noem is teenwoordig.
 
Later die middag gaan hulle op die besigtigingstoer van die koshuis. In stede van vier kamers met twee-twee Reitzmanne is dit nou agt enkelkamers in ‘n eenheid. Twee luukse ruim storte, ‘n kombuisie met sitkamer en balkon vir die ses eenhede op elk van die vyf verdiepings.
 
Ronnie van Dyk, Voorsitter van die NUOR (Nasionale Unie van Oud-Reitzmanne) begin die vergadering en verduidelik die NUOR se oogmerke.  Later ook die simboliek van die koshuiswapen. Hy verduidelik die Ridder-projek waar oumanne ‘n spesiale wit hoed koop, die Ridderhoed. Die fondse wat so ingesamel word, word aangewend vir die werksaamhede van die NUOR, om koshuisspanne dalk te help met n sak hier, ‘n borg daar. Belangstellendes in dié projek kan my gerus kontak.
 
Die seremonie om ‘n rugsak en pet met die Reitz-wapen op aan elke eerstejaar te oorhandig skop af. Die oumanne neem deel, oorhandig dit en deel hulle staaltjies van vervloeë jare. Nostalgie. Motiverings vir die eerstejaars, “besef jy is gelukkig om in dié koshuis te wees”, “geniet dit” maak die geleentheid plegtig, statig.
 
Niks het verander nie. Die tusenwerpsels vanuit die gehoor vlieg deur die lug – soos van ouds. Al die Springbokke se foto’s, al die koshuisfoto’s hang teen die mure in die gange wat die vierkant van die koshuis vorm. In die HK-kamer met sy ovaaltafel hang die foto's van HK’s vanoor die jare heen. Teen die vertikale betonbalk agter die hysbak pryk die naam HEIMAT en die koshuiswapen. Buite, bo op die sesde verdieping pryk die naam Heimat en die koshuiswapen  trots, van ver af te sien. Ook die naam AffiKampus (##), die private maatskappy wat verantwoordelik is vir die nuwe gebou. Langsaan is die bouwerk van die ander private koshuis Amelia aan die gang, en dit sal na alle verwagting aan die begin van volgende jaar betrek word.
 
Dan is die oorhandiging verby en stap die Reitzmanne uit op die grasperk buite, die hout knetter gesellig in die braaiplekke. Die son begin sak in die Weste, maar die gesprekke van lang verledes druis en ons is Unitas In Variis, sommer net so weer die eenheid in die verskeidenheid. Wanneer jy eerstejaar was, wat jy geswot het maak nie saak  nie. Al wat tel is dat jy ‘n Reitzman is. Jy is nou tussen jou mense.
 
Ons is weer tuis.
 
Altyd trotse Reitz-groete.
 
Hennie Pienaar
Hennie.pienaar@reitzoldboys.co.za
082 4994 159
 
## AffiKampus is ‘n private inisiatief wat koshuise adminastreer. Donasies tot die AffiKampus Alumni Fonds is belasting voordelig. Kontak Hennie Pienaar vir meer inligting hieroor.

Comments are closed.

    Author

    JP Kruger vir nuus oor Pres Reitz Kamerwonings en Heimat Mannerheim   

    Reitz Heimat Wapen
    Pres Reitz - Heimat

    Archives

    February 2017
    July 2016
    April 2016
    March 2016
    May 2015
    January 2015
    June 2014
    January 2014
    November 2013
    October 2013
    September 2013
    August 2013
    July 2013
    May 2013

    Categories

    All
    1959 1962
    1959 - 1962
    2013
    2013 Reünie
    2013 Reünie
    Amelia
    Gerrit V Wyk
    Heimat Mannerheim
    Huisvergadering
    Mini Reünie 2013 - 76
    Ode Aan Sonnekus En Buschy
    Pieter Odendaal
    President Reitz
    Pres Reitz
    Pres Reitz Kamerwonings
    Robbe
    Robbie Dennis
    Rugby
    Theunis Bekker
    Universiteit Vrystaat

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.