President Reitz Kamerwonings (RKW)
  • Home
  • REITZ
    • Kortliks oor Reitz
    • Reitz 65 / Heimat 5 : Reünie 2013
    • Reitz 2008 : Blouwillem
    • Reünie Foto's 2013
    • Foto's '59 tot '62
    • Foto's '76 tot '79 (1)
    • Foto's '76 tot '79 (2)
    • Foto's 80's (1)
    • Ererol
  • RKW
    • RKW in 'n neutedop
    • Aktiwiteite
    • Doen Aansoek
    • Besoek Ons
    • Fotos:RKW RUGBY 2021
    • Fotos: RKW 7'S 2021
    • Fotos:RKW Koshuislewe-1
    • Fotos:RKW Koshuislewe-2
    • Huisfotos
    • Videos
    • Ererol
    • Tariewe
  • HEIMAT
    • Agtergrond
    • Rugby Kampioene! Beste Koshuis in SA
    • Heimat Jool 2014
    • Belangrike Nuus 2013
    • Heimat 5 : Reünie 2013
    • Foto's 1
    • Foto's 2
    • Foto's Jool 2013
    • Foto's Potch Julie 2013 HM
    • Ererol
  • ROBBE
    • Teken in op Nuusbrief
    • NUOR Komitee 2018-2023
    • Projekte
    • Beplande Mini - Reünie : George : Desember 2015
    • NUOR Bydraes
    • Mini Reünie Maart 2014
    • Robbe Foto's
  • Bestuur en Ons Span
    • Oor die Koshuis bestuur
    • Ontmoet die span:Koshuis bestuur
    • Ontmoet die span:Huiskomitee(HK)
    • Ontmoet die span: Personeel
  • REITZ BLOG
  • KONTAK ONS
  • Reitz : Klere
  • Mini-Reünie: Rhodes: Maart 2022

Möwe du fliegst in die heimat...

9/2/2017

0 Comments

 
PictureJan en Ria
 Heimwee na Reitz-kamerwonings - Deur Jan Putter (1970-1975)

Sit so bietjie alleen en luister na Sinead Lohan se musiek onder andere na haar weergawe van ’n Bob Dylan liedjie “2 Ramona”. Die pragtige woorde laat my dink aan jare gelede toe ek ’n derdejaar student was (1973) en besluit het om nie weer terug te gaan koshuis toe nie maar eerder vir my ’n plekkie in die stad te kry en op my eie te wees.
 
So gedoen en ek kry vir my ’n buitekamertjie by twee ouerige mense iewers onderkant De Wet se perd sonder om te besef dat dit eintlik baie vêr is van die universiteit en dit sonder ’n motor. 

Maar, ek is mos nou ’n grootmens en ek laat my nie afsit van klein probleempies nie. Ek loop elke dag so tussen ’n uur-en-n-half en twee uur klas toe en dieselfde tyd terug. Vir ’n jongman soos ek was dit nie so erg nie want ek was redelik fiks en die blyplek was ook nie te sleg nie. 

Die tannie het elke aand gesorg dat my bord kos in my kamer vir my staan en wag en my elke oggend vroeg wakker gemaak met ’n koppie koffie. Ek het ook so ou klein platespelertjie aangeskaf met ’n paar langspeelplate en ’n klompie leesboeke en natuurlik ook so bietjie leerwerk tussenin gehad. 

Grootmeneer op my eie maar nie vir baie lank nie toe ek begin besef ek is eintlik besig om eensaam te raak so op my eie. Ek het “Sunday Morning Coming Down” van Ray Stevens al hoe meer begin speel so asof ek iets gesoek het om by my “mood” aan te pas. Dit was naderhand so erg en ek het dit oor en oor gespeel, het naderhand begin voel soos daardie ou waaroor die liedjie gaan. 

Op ’n dag het ek net besef dit kan nie so aangaan nie en ek het aansoek gedoen om weer terug te gaan koshuis toe en gelukkig plek gekry, binne ’n paar dae was ek weer sak en pak terug en amper gevoel asof ek my lewe weer terug gekry het. Ek was toe ook natuurlik (in my eie oë) ’n “hit”, een van die min ouens in die koshuis met ’n platespeler.

Somtyds as ek hier voor die rekenaar sit en besig is om my ou voëltjies, insekte en ander foto’tjies te “edit” dan sit ek weer Ray Stevens, Bob Dylan en andere soos die Bee Gees se musiek op en wonder hoekom ek verlang na daardie eensame tyd.

Möwe du fliegst in die heimat...

Jan 

0 Comments

Joggie Jansen Se Têkkel: Geskryf Deur Tom Ferreira

25/7/2016

0 Comments

 
Picture
Vandag 46 jaar gelede, op 25 Julie 1970, het my Kovsie- en Reitzmaat Joggie Jansen dáái tekkel gepleeg. 

Dit was ‘n torpedo-duikslag wat Loftus Versfeld laat dreun het van pure plesier en die weg gebaan het vir die Springbokke se oorwinning van 17-6 in die toets en 3-1 in die reeks teen Brian Lochore se gedugte All Blacks.

Min mense het die Bokke ‘n kans gegun.  Onthou, die All Blacks het in Suid-Afrika aangekom as ‘n span wat sedert 1965 sewentien toetse op ‘n streep gewen het: vandag nog ‘n wêreldrekord.  

Dit was die 22-jarige Joggie (Springbok nommer 444) se eerste toets. Die ongelukkige slagoffer was die All Black-losskakel Wayne Cottrell. Daardie jare was Springbokke in die Vrystaat maar dun gesaai.

My vriend Cyril Allwright, ‘n inwoner van die naasliggende Malhuis (Huis DF Malherbe), het die Maandag ná die toets spesiaal Reitz toe gekom omdat hy wou sien hoe Joggie lyk. “Maar jy het hom dan vir ses maande lank byna elke dag gesien?” het ek gesê-vra.  “Is so, maar ek wil sien hoe hy lyk nou dat hy ‘n Springbok is,” was sy reaksie.

​Cyril het die volgende jaar permanent oorgetrek Reitz toe, vermoedelik sodat hy meer van Joggie kon sien. 

0 Comments

‘n Ode aan Sonnekus en Buschy

14/7/2016

0 Comments

 
Deur Tom Ferreira
“Dit lyk dit soos iemand wat met ‘n fiets deur sulke moerasse ry,” het my Reitz-vriend Faan le Roux op ‘n keer verwonderd opgemerk toe Jan Schlebusch soos ‘n gedagte om sy teenstander swenk, met sy kenmerkende kronkellopies nog ‘n paar verdedigers in die lug laat gryp en die bal agter die doellyn gaan plant.

​Daar was inderdaad nie veel mooier gesigte as om Jan Johannes Jacobus Schlebusch deur ‘n gaping te sien suiker nie. Net mooi 42 jaar gelede, op 13 Julie 1974, het Reitz-kamerwonings se Bushy Springbok nommer 472 geword toe hy in Port Elizabeth in die derde toets van die reeks vir die Springbokke teen die Britse Leeus uitgedraf het.  Hier is hy saam met ‘n paar van sy Reitz-kamerade, Blouwillem Theron, Tom Ferreira, Jan Schlebusch, wyle Schalk du Toit en Riaan Hattingh, pas nadat hy gehoor het hy is vir die Bokke gekies. 
Picture
Nóg ‘n Reitzman, Gerrie Sonnekus, het dieselfde dag Springbok nommer 473 geword.  Die 21-jarige Sonnekus, wat skaars tien jaar oud was toe sy kaptein, Hannes Marais, die eerste keer die Groen en Goud oor die kop getrek het, is as skrumskakel in die diepkant ingegooi teen die legendariese Gareth Edwards. Talle “kenners” blameer hom vandag nog, onverdiend na my mening, vir die Bokke se vernederende nederlaag (26-9) teen die Leeus.

Wat ‘n hartseerdag was dit nie!  My twee broers, Naas en Stef (wat van 1967 tot 1970 in Reitz was), het die Vrydagaand voor die toets in ‘n Volkswagen-kewer van Pretoria na Bloemfontein gery, waar hulle vir my en my woonstelmaat, Blouwillem Theron, opgelaai het.  Ons het omstreeks middernag in die pad geval Port Elizabeth toe, waar ons skuins ná sonop aangekom het (die spoedbeperking was destyds 80 km/h, selfs op die snelweë). 

As jy so ver ry om jou helde in aksie te sien, wil jy hulle nie sien verloor nie.  Nie net het hulle daardie dag die toets verloor nie, maar ook die reeks.  Ons wou behoorlik ons polse sny. Dit het ‘n hele paar liter bier gevat om ons weer in ‘n gemoedelik stemming te kry.

Ons twee Reitz-Bokke het egter die Boet Erasmus-stadion se hartseer van hulle afgeskud en uit die as uit opgestaan.  Bushy se toetsloopbaan het ‘n opwaartse kurwe getoon.  Hy is vir die vierde toets teen die Leeus gekies, wat gelykop (13-13) geëindig het, terwyl hy die Bokke in sy derde en laaste toets (in 1975 op Loftus), gehelp het om die Franse met 33-18 te klop.  

Buschy het 7 drieë in 41 wedstryde vir die Vrystaat gedruk.

SONNEKUS
Picture
Oor Gerhardus Hermanus Henrikus Sonnekus kan ek boekdele skryf.  Anders as Bushy, het tien jaar verloop voordat hy weer die Groen en Goud oor die kop te trek: dié keer as agsteman teen Engeland in 1984. Die Bokke het albei die toetse waarin hy daardie jaar gespeel het, maklik gewen.

Gerrie Sonnekus bly een van die begaafste rugbyspelers wat ek ooit in aksie gesien het.  Hy is trouens saam met wyle dr. Danie Craven die enigste speler wat op skrumskakel en agsteman vir die Bokke in ‘n toets uitgedraf het. Hy kon letterlik in enige posisie speel, behalwe miskien vleuel (waarvoor hy dalk nie genoeg spoed gehad het nie) en slot (waarvoor hy te kort was).
 
Voordat hy op daardie noodlottige dag vir die Bokke teen die Leeus opgedraf het, het hy verskeie blink vertonings vir die Vrystaat op skrumskakel gelewer, onder meer vir die Vrystaat teen die Leeus twee weke voor die derde toets. Die Leeus was daardie dag uiters gelukkig om die Vrystaat te klop (9-11) danksy ‘n drie in beseringstyd deur Gareth Edwards.

Gerrie het in 160 wedstryde vir die Vrystaat gespeel, 63 daarvan as kaptein. Hy het in 10 hiervan op skrumskakel uitgedraf, 106 op agsteman en 44 op flank.  Hy het ‘n reusagtige 63 drieë in die Vrystaattrui gedruk. 

Ons salueer die Reitz-Bokke van weleer!
​
Terloops. Gerrie se 69 drieë vir die Vrystaat word net deur nóg ‘n Springbok wat in Reitz was oortref; Chris Badenhorst (Springbok-regtervleuel), het in 221 wedstryde 136 drieë gedruk.

​Op 25 September 1976 het Sonnie saam met Schlebusch en nóg drie Reitz-Bokke, De Wet Ras en die broers Joggie en Eben Jansen, die Vrystaat gehelp om die Curriebeker die eerste keer in die geskiedenis te wen. En oom Sakkie van Zyl het afgerig.
Picture
1976 Vrystaat 33 – 16 WP

Klik op foto's om te vergroot
Gerrie lê aan
En tref!
Slee trek verdediging
Gerrie hol
1983 Lion Beker
Sonnie breek
0 Comments

April 21st, 2016

21/4/2016

 

"Gees" begrafnisse: 1970 - 2016

8/3/2016

1 Comment

 
Picture
 
Die onlangse begrafnis van Amelia, private koshuis naby die Vrystaatse Universiteit se gees het nogal groot belangstelling gewek by oud-Reitzmanne. Gedagtes en herinneringe van die begrafnis van Hobhuis se gees in 1970 het gou per e-pos versprei! Tom Ferreira, saam met my eerstejaar in 1970, het onthou hoe ‘n spierwit kissie in ‘n swart Mercedes, begelei deur Steph Ferreira op sy swart motorfiets van Reitz af vertrek het. Bestemming: die oop stuk grond oorkant Hobhuis waar die vlotte destyds gebou is. Vandag die Administrasie-gebou.

Callie de Jager gewapen met ‘n Hoog Hollandse boek vir die begrafnisdiens. Eerstejaars geklee in wit hemde gereed om ‘n graf te gaan grawe en as roubeklaers stap agter die “lykswa” as deel van die prosessie. 

Aangekom by die voorafbepaalde graf staan Hobhuis se dames nuuskierig nader, om met skok te vind hulle “Gees” word begrawe. Die spierwit kissie, gebou deur Ters Smit en Arno Church, Argitektuurstudente, sak in die vlak graf af.

Die prime van Hobhuis is woedend terwyl die REITZMANNE soos met ‘n werklike begrafnis die dames se vriendelik-gemaakte toebroodjies verslind. Maar, iewers in een Reitzman se gedagte reeds die plan om die volgende jaar Hobhuis se gees weer op te grawe. Dit is egter ‘n storie vir ‘n ander keer. ‘n Storie wat wel waar geword het. In 1971 is Hobhuis se “Gees” opgegrawe. Weer is ‘n kissie vooraf gemaak, maar met ‘n verskil. Iets wat verskriklik sleg geruik het is in die kissie geplaas. Met die graf oop is die kis onder groot belangstelling oopgemaak. Skok en ongeloof is aan die orde van die dag wanneer die slegte reuk vrygestel word.

Volgens oorlewering het Reitz daarna die Hobhuis-dames genooi om saam te verkeer – natuurlik met toebroodjies uit Hobhuis se kombuis. As ek nog reg onthou het die Hobhuis-meisies die Reitzmanne by Reitz ontmoet. Groot egter die ontnugtering, weer eens. Die dames word gekaap, met kettings geboei en moet na die Vrystaat-stadion stap waar hulle soos slawe opgeveil word. Moenie wonder wat van die keurig voorbereide toebroodjies geword het nie! Die Reitzmanne het heerlik daaraan gesmul. Die goeie nuus: Hobhuis se “Gees” het na dit alles opgestaan en vriendskapsbande tussen Hobhuis en Reitz is herstel.
Na bewering het ‘n soortgelyke voorval in 1978 gebeur toe Madelief se “Gees” ook deur Reitz begrawe is. Schalk Vermeulen het meer hieroor vertel.
​
Vanjaar het die spook van begrafnisse weer by Reitz Heimat ontwaak toe besluit is om Amelia se gees te begrawe. Soortgelyk aan die vorige begrafnisse het dit ook gepaard gegaan met ‘n vergadering, ‘n optog en laastens die begrafnis.

1 Comment

March 08th, 2016

8/3/2016

 

Reitzmanne by George Oumotor-skou in George

4/5/2015

0 Comments

 
PictureChief en Karin se Motorhome
Vriende

Groot was my verbasing toe ek verlede jaar uitvind dat die bekende Philip “Chief” Mostert al die afgelope 12 jaar na George reis om die jaarlikse Ou-motorskou ter plaatse by te woon. Elke jaar met ’n  ander een.

Hierdie jaar Februarie was hy en nog ’n man van Rustenburg in verbete resies gewikkel om te sien wie eerste in George sou wees. Hulle is die Maandag daar weg en het die Vrydagoggend veilig hier arriveer: nek – aan – nek. Of is dit buffer-aan-buffer. Die karre het nie gebreek nie, maar hul was half ongelukkig oor paar fietse wat hulle verbygesnel het. Teen die opdraandes.

Ek hou toe die vordering dop op FB (per Karin, sy vrou). Met die dat ek sien hulle is op die afdraand kant van die Outeniqua-pas, gee ek hom so twee ure voor ek bel. Heel opgewonde reken hy ek moet eers so bietjie later kom om die foto’s vir die koerant te kom neem. Ek reken hom dat ek nie in daardie bedryf is nie en eintlik net wil groet. Tóé kom hy eers oor die verandering in lugdruk.

Ek en vriend Johann Faber het die volgende dag,  Saterdag,  heerlik saam met hom en sy vrou gekuier by die skou.

Die volgende dag het ek Chief se Reitz Ridder-hoed aan hom gaan oorhandig. Dankie, Philip. Dit was nou lekker. Ons maak volgende jaar weer so.

Groetnis

Janis
(Chief het 75 van die oues - sien meer hier http://www.philipclassics.co.za/

0 Comments

Robbe Byeenkoms te Bloemfontein Saterdag 24 Januarie 2015

20/1/2015

0 Comments

 
FLUGTAG DAG !
Dippies en die koshuis het die inisiatief geneem om iets vir die private koshuise te reël. Reitz Heimat reël die FLUGTAG wat 'n dag is waar koshuise gaan meeding in 'n tuisgemaakte vliegmobiel -en –kaskar- dag waar afstand en tyd onderskeidelik die kompetisiewenners bepaal.

Dit gaan ’n lekker kuier-dag wees met bekende sanggroepe die aand. Daar gaan 'n afgesperde gebied wees waar die Robbe (Reitz Old Boys) saam kan kuier en die koshuis gaan ondersteun. Ons wil dit ook as geleentheid benut vir die jaarlikse Robbe- dag en mini –Reünie wat ons op die laaste vergadering van gepraat het. Ons nooi almal vriendelik dog dringend om die dag mee te maak. Die besonderhede is as volg;

DATUM: Saterdag 24 Januarie
TYD: 11h00 - 23h00
PLEK: Goosehill – 8 km uit op Kimberley pad 
DRAG: Informeel met Reitz Heimat klere
TOEGANG: R 50.00
VERVERSINGS: Kontantkroeg. (Geen privaat nattighede), Eie vleis ens. vir braai (vure word verskaf). 
NAVRAE: Beukes 072 604 2855 of Ronnie 082 788 6558
Inkomste gaan vir liefdadigheid: Round Table en Reach for a Dream.

http://www.affikampus.co.za/affikampus-flugtag.html

0 Comments

Robbe Byeenkoms(te) in Suid-Kaap Desember 2014

17/1/2015

0 Comments

 
Ons het weer die oud-Reitzmanne  wat in die Suid-Kaap kom vakansie hou het bietjie bymekaargebring om te kuier. Ons het twee braaie gehou om voorsiening te maak vir die voor-Kersfees-manne en vir die daarna. Die groep groei!

Op beide geleenthede was lekker gekuier en die drade weer opgetel.  Dankie aan die manne wat vêr gereis het om die geleenthede by te woon. Ek dink hier veral aan Wallie, Adoons en vriend die 20 ste en André Weideman en Marí die 27 ste. Ook Theunis Bekker en Thelmi wat hul rit vanaf die Kaap na Wilderness so beplan het dat hulle ’n paar uur saam kon kuier.


Die 20 ste Desember 2014
27 Desember 2014
0 Comments

Chief en Seuns Jag Meerkatte (Bungalow 4 Inwoners)

9/6/2014

 
PictureChief het die jagvoertuig gebreek
Tydens die mini-reünie van die ’76 eerstejaars op 29 Maart 2014 in Bloemfontein, is  die Ridder-projek van die NUOR geloods om geld in te samel vir hulle fonds.  Philip Henning, van die plaas Eden te Tweespruit,  was onmiddellik aan boord om sy Ridderskap te bekom. Maar op op slinkse wyse: Hy het ’n  jagpakket aangebied om sy Ridderskap te bekom. Bokke, varke en die meerkatte van Bungalow 4.

Daar was ’n deursigtige proses gevolg met die bieëry op die web en Facebook. Mnr. Philip Mostert  van Rustenburg was egter adamant dat die groot bokke syne sou wees. Mnr. Theunis Bekker van Harrismith aan die grens van Natal het hard probeer: Hy is ’n bekende Boomsoener en vegetariër. Hy wou die bokke vang, fotografeer en daarna in Goukandla vrylaat. Mnr. Mostert het dit egter afgelag en die bod was op hom toegeslaan. ( Die feit dat menere Henning en Mostert kamermaats was, het geen rol gespeel nie).

Die geld was oorbetaal aan die NUOR en die jagtog was aan. Hier is die kort en kragtige verslag en foto’s  van mnr. Mostert:

“Die groot jag was bitter lekker. Alles  was perfek, ook die weer. Die  gasvryheid van Rooms en Riza was baie spesiaal  ons het baie geëet en tot laat gekuier. Riza was verplig om van haar resepte saam te gee.

My seuns Wessel en Gerhard het elkeen n swartwildebees geskiet terwyl  ek en  Gerhard se skoonpa maar moes settle vir n blesbok elk. Rooms boer op 3500 ha en is ongelooflik mooi.  Ek wou ook altyd boer maar kon nie op varsity n girl kry sonder broers en met n moerse plaas nie nou pomp ek maar petrol vir n lewe. Dinge in ons dorp (Rustenburg) is kritiek besighede maak op strepe toe. Staking al verby 4 maande. Nou n gebedsaak.

Nou ja aan al julle dik )%^^$#@$% wat nie meer skryf nie se  $&@!?(;/.

Bungalow 4 se meerkatte is nog veilig.”

Mnr. Mostert wat self 6 voet 3 en ¾  in sy  sokkies staan, het soos volg geantwoord oor die lengte en die grootte van sy seuns (sommige het vaderskap betwis): 

“Ja ek is geseënd met sulke bulle. Gerhard baie talent. 2011 2 toetse vir Bokke gespeel in Tri nations 2005 Junior Bokke World Cup gewen, SA Universiteite, Craven week, Sharks, Lions ens . Hy speel al 3 jaar vir Stade France in Parys . nog n jaar oor.  Wessel die ander een is rof en grof, speel goeie rugby maar hou meer van bliksem . Ek noem dit sag,  maar my seun is pas gekies as n swaargewig amateur cage fighter wat Suid -Afrika verteenwoordig in Los Angeles einde van die maand -baie guts geen fight nog 3 rondtes teen hom klaargemaak.  Aard glad nie na my nie, ek was baie teruggetrokke en meer akademies van aard”.

Philip “Chief” Mostert


<<Previous

    Author

    JP Kruger vir nuus oor Pres Reitz Kamerwonings en Heimat Mannerheim   

    Reitz Heimat Wapen
    Pres Reitz - Heimat

    Archives

    February 2017
    July 2016
    April 2016
    March 2016
    May 2015
    January 2015
    June 2014
    January 2014
    November 2013
    October 2013
    September 2013
    August 2013
    July 2013
    May 2013

    Categories

    All
    1959 1962
    1959 - 1962
    2013
    2013 Reünie
    2013 Reünie
    Amelia
    Gerrit V Wyk
    Heimat Mannerheim
    Huisvergadering
    Mini Reünie 2013 - 76
    Ode Aan Sonnekus En Buschy
    Pieter Odendaal
    President Reitz
    Pres Reitz
    Pres Reitz Kamerwonings
    Robbe
    Robbie Dennis
    Rugby
    Theunis Bekker
    Universiteit Vrystaat

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.