President Reitz Kamerwonings (RKW)
  • Home
  • REITZ
    • Kortliks oor Reitz
    • Reitz 65 / Heimat 5 : Reünie 2013
    • Reitz 2008 : Blouwillem
    • Reünie Foto's 2013
    • Foto's '59 tot '62
    • Foto's '76 tot '79 (1)
    • Foto's '76 tot '79 (2)
    • Foto's 80's (1)
    • Ererol
  • RKW
    • RKW in 'n neutedop
    • Aktiwiteite
    • Doen Aansoek
    • Besoek Ons
    • Fotos:RKW RUGBY 2021
    • Fotos: RKW 7'S 2021
    • Fotos:RKW Koshuislewe-1
    • Fotos:RKW Koshuislewe-2
    • Huisfotos
    • Videos
    • Ererol
    • Tariewe
  • HEIMAT
    • Agtergrond
    • Rugby Kampioene! Beste Koshuis in SA
    • Heimat Jool 2014
    • Belangrike Nuus 2013
    • Heimat 5 : Reünie 2013
    • Foto's 1
    • Foto's 2
    • Foto's Jool 2013
    • Foto's Potch Julie 2013 HM
    • Ererol
  • ROBBE
    • Teken in op Nuusbrief
    • NUOR Komitee 2018-2023
    • Projekte
    • Beplande Mini - Reünie : George : Desember 2015
    • NUOR Bydraes
    • Mini Reünie Maart 2014
    • Robbe Foto's
  • Bestuur en Ons Span
    • Oor die Koshuis bestuur
    • Ontmoet die span:Koshuis bestuur
    • Ontmoet die span:Huiskomitee(HK)
    • Ontmoet die span: Personeel
  • REITZ BLOG
  • KONTAK ONS
  • Reitz : Klere
  • Mini-Reünie: Rhodes: Maart 2022

Robbe Byeenkoms(te) in Suid-Kaap Desember 2014

17/1/2015

0 Comments

 
Ons het weer die oud-Reitzmanne  wat in die Suid-Kaap kom vakansie hou het bietjie bymekaargebring om te kuier. Ons het twee braaie gehou om voorsiening te maak vir die voor-Kersfees-manne en vir die daarna. Die groep groei!

Op beide geleenthede was lekker gekuier en die drade weer opgetel.  Dankie aan die manne wat vêr gereis het om die geleenthede by te woon. Ek dink hier veral aan Wallie, Adoons en vriend die 20 ste en André Weideman en Marí die 27 ste. Ook Theunis Bekker en Thelmi wat hul rit vanaf die Kaap na Wilderness so beplan het dat hulle ’n paar uur saam kon kuier.


Die 20 ste Desember 2014
27 Desember 2014
0 Comments

Robbe : Funksie : Suid - Kaap Desember 2013

6/1/2014

 
Picture


     LEKKER IN DIE SUID - KAAP IN DESEMBER




Kort oorsig van die Robbe Suid-Kaap


Daar is 2013 nou ook in die verlede. Soos mis voor die môreson – ‘gone’.

Sy gat gesien. (Die taalpuriste sal wel weet dat dit nie vloek is nie, maar wel dui op die gat wat vir jou begrafnis gegrawe is).

Dit was egter, na my beskeie mening, ’n baie goeie jaar vir President Reitz - Kamerwonings, Heimat Mannerheim en die Robbe. (Reitz Old Boys wat die oud - Heimatmanne insluit).

Ek was bevoorreg om die reünie in Augustus 2013 te kon bywoon in Bloemfontein. Daar was nou nie miljoene van my jare nie, wat effe teleurstellend was. Wat wel na ’n uur of twee duidelik geword het, is dat jaarverskille vir  Reitzmanne nie saak maak nie en almal het gou tuis gevoel. Dit was natuurlik ook te danke aan die Heimatmanne wat moeite gedoen om ons ouer garde te onthaal in die omgewing waar geen Bungalows was nie – ook nie Hondehokke waar baie van ons opgegroei het nie.

Na ’n toer deur die koshuis het ons wel besef dat dit nog maar steeds Reitz is. Die foto’s teen die mure en die ererol-borde het ons herinner aan wonderlike jare in dié besonderse koshuis van die UV. En meer nog, die gees van die Heimatmanne en die respek wat betoon was.  So, vir my is dit maar eintlik net ’n nuwe heimat vir Reitz. Een ouman het aan my gesê dat as hy geweet het wat die situasie was, hy sy seun na Heimat en Kovsies sou stuur eerder as na Potch soos wat hy gedoen het.  Vir my is dit dus maar President Reitz Heimat.

Tydens die huisvergadering het ek weer eens die gees en dissipline beleef wat ons gebrei het vir wat ons is en die suksesse wat daarop gevolg het - in ons eie lewens, in spanverband en in ons beroepe.

Ek woon in die fantastiese Tuinroete van ons land en meer spesifiek in George. Vir die afgelope 22 jaar al. Groot was my verbasing toe ek verneem hoeveel manne gedurende die feestyd hier kom uitspan. Vir jare al. Natuurlik sou ek hulle nie sien nie, want ons ‘locals’ lê maar laag in sekere tye van die jaar.

Gedurende die huisvergadering was dit dan ook besluit dat alle Heimatmanne ook op Robbe status kan staatmaak. Die land is dan ook in streke opgedeel om seker te maak die Robbe kom kwartaalliks bymekaar à la Hennie Pienaar van Bellville wat die byeenkomste gedurende 2006 suksesvol in die Kaap begin het. Blaai deur die webtuiste om Robbe byeenkomste en foto’s  te sien.

Suid-Kaap

Ek was van plan om ’n Robbe-byeenkoms vir November 2013 te reël, maar die manne was vas met talle jaareindfunksies. ’n Klompie van die eerstejaars van 76 het reeds gedurende Junie besluit om 23 Desember in George bymekaar te kom. Ek het op die nippertjie besluit om te kyk of ons nie van die ander manne wat ook hier vakansie hou in die hande kon kry nie. Heelwat het gereageer, maar die datum het nie almal gepas nie. Ek was nietemin verras met die opkoms.

Ons het dit ’n middag - ding gemaak aangesien ’n paar manne 60 tot 70 km moes reis. En terug na hulle plekke ook natuurlik.

Frank Stenri, my Rooms van 79, het die Snoek al die pad van die Weskus gebring en vir ons gebraai. Almal het saamgestem dat dit van die beste ooit was wat hulle geëet het. Met patats en brood, natuurlik.

Die gades wat dit bygewoon het, het sommer gou gekliek en land-en-sand gesels en is met drukkies uitmekaar... 

Almal was dit eens; dit moet ’n jaarlikse instelling word.

’n Groot dankie aan almal wat moeite gedoen het om die geselligheid by te woon. En spesiaal vir André  Weideman wat vir die dag van die Kaap hierheen gevlieg het.

So manne, julle wat Desember 2014 hier kom uitrus, merk nou julle kalenders vir 26 / 27 Desember. Dan behoort ons almal te akkommodeer. Die ouens voor Kersfees en die daarna.

Groetnis hier uit George,

JP (Vir die wat my uit koshuisjare ken, Jahni of Janis).



Hou mikker (Pointer) oor foto's om name te sien In gewone volgorde - waar ek weet sit ek eerste jaar by. Kliek op foto om te vergroot.


Onthou julle kan kommentaar lewer op die pos - kliek net op comments onder die facebook teken en pos. Ek moet dit eers lees en goedkeur om goggas weg te hou.


Weppies, Tjol, Demma
Chris (Dais), Tiny, Self
Harry Gird (59), Ries Dempsey, Johann Faber (76), Frank Stenri (76), André Weideman (76)
André Weideman (76), Marius Scholtz (76), Frank Stenri (76), Johann Faber (76) en self
Tiny du Toit (65) en Harry Gird (59)
Die 'skrum' van die 80's: Weppies. Tjol en Demma
Dais Booysen en Tiny duToit
Michelle Stenri, Debbie Kruger, Dapné Faber, Elize du Toit. (Demma se vrou het eers later aangesluit).

Robbe   Wes-Kaap  :  Oktober  Funksie 2013

11/11/2013

 
PictureHennie Pienaar
Dagsê manne.

Soos julle weet het ons Wes-Kaapse ROBBE 31 Oktober 2013 die laaste keer vanjaar vergader. Graag gee ek ‘n paar foto’s en ‘n kort relaas van die aand aan julle deur.

Altesaam 20 oumanne het die funksie bygewoon, maar die verrassing was ses nuwe oumanne, Wian Goosen, Eben Olivier, PC Rossouw, Richard Brider, Greyling Wentzel en CJ Swanepoel. Ek wil dan sommer hier weer welkom sê aan dié jong manne. Ek waardeer dat julle daar was, maar, ook aan die ander oumanne wat al bekendes by die funksies is. Grootste waardering.

Die eerste oumanne het reeds teen 18:00 by die nuwe venue opgedaag. Daar moes ‘n nuwe venue gekry word want die DROS waar die ROBBE sedert 2006 bymekaar gekom het, het sodanig verander dat die ROBBE se eie unieke lokaal nie meer beskikbaar is nie. Die aand het heerlik afgeskop met twee kelners wat die oumanne ywerig bedien het. Die aand het vlot verloop terwyl ‘n ligte Kaapse motreëntjie buite gesif het.

Maar, soos gewoonlik en danksy die goeie opvoeding van die oumanne het tien voor die die tyd verskoning gemaak, terwyl drie wat die funksie sou bywoon op die nippertjie verskoning moes maak.

Graag noem ek ook hier dat Koos Brink van Velddrif wat verlede Maandag ‘n rugoperasie gehad het om pyn in sy been te verlig reeds by sy huis aansterk. Ek het vanoggend met Koos gepraat. Hy sê die Dokter is baie tevrede met die operasie, en hy voel reeds beter. Hy kan reeds rondstap, maar sal nog ‘n geruime tyd rustig moet wees. Koos kan gekontak word by 082 8765 217. Sterkte Koos, namens al die oumanne!!

Met betrekking tot ons toekomstige venue is dit lekker om te kan sê dat ek suksesvolle onderhandelinge met ‘n restaurant, King’s Steak Ranch, in Bellville gehad het om ons met toekomstige byeenkomste te kan huisves. Die venue wat ons verlede week gebruik het is ongelukkig te duur aangesien die kelners oortyd betaal moet word, asook hulle vervoerkoste. Ek hoop werklik ons nuwe venue kan weer ons klubhuis word soos wat die geval by die DROS was. Glo my ek probeer my bes om net die beste venue vir ons te kry. Ek sal betyds voor ons eerste funksie in 2014 meer inligting oor ons nuwe venue gee!!

Aangesien daar baie van die oumanne wat in die Suid-Kaap woon se name en adresse op my bestaande adreslys is wil ek solank waarsku dat ek binnekort, maar moontlik eers teen die einde van die jaar, die Wes-Kaapse ROBBE se nuusbrief nié meer aan hulle ook gaan versprei nie. JP Kruger op George sal julle dan verder hanteer.

Ek sluit graag af met ‘n paar foto’s wat verlede week geneem is.

Altyd trotse Reitz groete.

Hennie Pienaar

Wes-Kaap

5 November 2013


Gielie Loots (links) en Strauss Ferreira (regs) sit rustig en dink blykbaar baie ver terug.
Paul Möller, Arno Church en Chris Theron in ‘n diepe gesprek.
Anton van Rensburg, Theuns Prinsloo en Dries Coetzee. Dries, ‘n oud-ROB van die Wes-Kaap, was ‘n gas die aand aangesien hy deesdae op Hartenbos woon en werk.
Strauss Ferreira, Paul Möller, Chris Theron, Hennie Pienaar en Arno Church.

President Reitz Heimat Reünie 2013

24/9/2013

 
Picture
                        Die President Reitz 65 / Heimat 5 Reünie

      Heimat Mannerheim, Bloemfontein:  23 tot 25 Augustus 2013

                                        Deur Dr. Robbie Dennis

 

President Reitz-Heimat het die afgelope naweek heerlik fees gevier.  Altesaam 182 Oud-Reitz- en Heimatmanne (sommige met hulle metgeselle vir ‘n totaal van 350 koppe) het gekom om Reitz 65 te herdenk.  Wat ‘n heerlike naweek was dit nie.  Om weer ou kennisse te sien. Om die jonger geslag Reitzmanne te leer ken en ook om weer die gees van President Reitz-kamerwonings in te adem. 

Die koshuis op die kampus lyk soos ‘n “Correctional Facility” met die staalheining wat om die geboue opgerig is. U is seker almal bewus dat Reitz onder die vaandel van die nuwe koshuis, Heimat Mannerheim, voortbestaan. Na die sluiting van Reitz middel 2008 is aan die werk gespring om ons tradisies te beskerm en ’n heenkome vir die manne te skep. Hierin het Dippies ’n groot aandeel gehad.

Die gees van Reitz lééf.  Die jong manne van die koshuis het hulle puik van hulle taak gekwyt om vir ons ‘n pragtige Reünie geleentheid te reël. Groot dank aan Dippies wat die siel en stuurman agter die reëlings was.

Registrasie het Vrydag vanaf  09:00 geskied. Danksy personeel van Dippies se praktyk, is dit baie professioneel gedoen. Altesaam 182 manne van oor die land heen het vir die Reünie geregistreer.  Die oudste manne wat die Reünie bygewoon het is Piet Nel van Bloemfontein (eerstejaar 1949 en Prime 1952) en Willem van Niekerk van Port Elizabeth (eerstejaar 1949 en HK-Poepketel sake 1952).

Die reünie is Vrydagoggend ingelui met ‘n besielende Teekanbiduur wat deur ds. Christo Louw, studente-leraar, gelei is.  Daarna was dit lekker gesels en kuier in die Bond en markiestent.  Om 13:00 is die rugbyspanne se truie uitgedeel.  Die voormalige rasieleiers, Piet Smith en Daan Smuts, asook oud- Sprinbokke Eben Jansen en Chris Badenhorst het die taak verrig.  Na die Bondfunksie is die manne getrakteer met ‘n fantastiese vleisbraai. Daar sal nog lank hieroor gepraat word.

Teen 17:00 is daar na Shimlapark beweeg waar die rugby plaasgevind het.  Drie van Reitz-Heimat  se spanne het teen Veritas gespeel.  Die derde span het ongelukkig 15 – 17 verloor, maar die tweede span, 57 – 5,  asook die eerste span,  36 – 24, het goeie en mooi rugby gespeel en het gewen.  Na die Rugby is teruggekeer na die koshuis vir die nabetragtingsbondfunksie.  Sommige manne het eers  Saterdagoggend 07:00 besluit om vir 'n uur te gaan rus voor die huisvergadering.

Die huisvergadering het Saterdag 12:00 begin. Ds Jan Pretorius (Prime 1980) het die vergadering met Skriflesing en gebed geopen.  Die huige Prime het die verwelkoming gedoen en 'n oomblik van “stille respek” is betoon vir Reitzers en Oud-Reitzers wat sedert die vorige reünie  heengegaan het.

Die voorsitter van die Nasionale Unie van Oud-Reitzmanne (NUOR), Dr. Robbie Dennis, het daarna die Stoel oorgeneem het sekere aspekte m.b.t. Reitz en Heimat in perspektief gestel deur kortliks na die geskiedenis van die koshuis van 1992 – 2013 te verwys. Die NUOR se finansiële posisie is ook bespreek, en daar is gewys op slegs enkele debietorders (± 12 maandeliks en ±15 jaarliks) wat nog steeds ‘n bydrae tot die NUOR-fonds maak. ‘n Voorstel uit die vergadering het versoek dat die bestuur ‘n daadwerklike poging sal aanwend om lede-bydraes weer op koers te kry.

Die voorsitter het aan die vergadering voorgehou dat twee artikels in die Grondwet van die NUOR aangepas moet word om;

(i)      die Oud-Heimat Mannerheim lede tot die NUOR toe te laat.

(ii)     vir nuwe Robbe streke 'n lid op die NUOR bestuur moontlik te maak.

Die veranderinge is eenparig deur die vergadering goedgekeur.

Die voorsitter het die vergadering meegedeel dat daar aktief begin gaan word  om 'n ontwikkelaar te vind om 'n private koshuis vir President Reitz-Heimat en President Reitz-Amelia buite die kampus te verwesenlik. Die voorsitter dien dan ook sy bedanking in met die oog daarop om hom voltyds aan die doelwit toe te wy.

‘n Nuwe bestuur vir die NUOR is verkies en vir die volgende vyf (5) jaar sal die ondergenoemde persone op die bestuur dien.

Voorsitter:                     Ronnie van Dyk      Bloemfontein

Onder-voorsitter:           Conrad Pienaar      Bloemfontein

Koshuisvader:                Christo Dippenaar   Bloemfontein

Wes-Kaap:                     Hennie Pienaar       Bellville

Gauteng en die Noorde:   Blouwillem Theron   Pretoria                  

Vrystaat en Noord-Kaap: Beukes van Zyl      Bloemfontein 

Suid- en Oos-Kaap:         JP (Janis) Kruger    George

Namibië:                        Jan (Stoop) van Greunen:  Swakopmund

Na die bestuursverkiesing het die verskillende oud-Primes die voorsitterstoel geneem en "Diepseun" gebeure, aangevul deur lede uit hulle jare, met die vergadering gedeel. Awie Nel (HK-Jool 1992) wat baie beswaard was omdat die President FW Reitz bronsbeeld nie te sien was nie, het 'n persoon uit die vergadering genomineer wat vir hom soos die "Ou President" lyk wat op die verhoog as die “President” moes poseer.  Chris du Randt, 'n huidige derdejaar in die koshuis, het hom goed van die taak gekwyt.  

Blouwillem moes weens ander verpligtinge Saterdagoggend vroeg vertrek en kon nie die huisvergadering bywoon nie.  Hy moes in opdrag van Tom Ferreira verneem of iemand nie dalk Tom se beker wat in 1971 verlore geraak het, gesien het nie. Aangesien almal hierdie verslag sal lees, het ek dit goed gedink om hierdie belangrike versoek in dié dokument te hanteer:

Tom Ferreira soek nog steeds sy beker wat in 1971 weggeraak het. Dit was ‘n roomkleurige bierbeker met inhoudsmaat 340 ml.  Die beker het naamlik, ‘n paar pink (bra indrukwekkende) kanne, met rooi kolle op, gehad wat op- en afgeswaai het wanneer ‘n mens die beker na jou lippe bring (wat hy dikwels gedoen het vanweë die voortslepende lus en dorstigheid).  Hy het die saak in 1971 by die polisie aangemeld, maar aangesien dit redelik onlangs was en ons nou eers by 2013 trek, kan mens seker nie verwag dat die polisie al in hierdie millennium op die misdaadtoneel gaan aankom nie.  Tom het reeds by die afgelope agt reünies die versoek gerig dat almal asseblief op die uitkyk vir sy beker moet wees.  Weens die vae beskrywing wat hy van die beker gegee het, het ek gaan “google” om ‘n goeie voorbeeld van die verlore beker beskikbaar te stel.  Ek het ‘n baie naby replika  gevind, maar dit is nie die ware-Jakop nie. 

Na die huisvergadering met volop kwinkslae (soos van ouds), is gereed gemaak vir die Formeel wat in die Joolsaal op die kampus plaasgevind het . Wat ‘n wonderlike aand van nostalgie en “onthou jy nog”. Die gaste is verwelkom met pragtige sang deur 'n kunstenaar, Elmie, waarna die formele sake afgehandel is.  Montello-Summerwood spyseniers het 'n smaaklike ete voorgesit en na die ete het die manne die koshuislied gesing.  Die lied is eers deur die vóór-1992- groep gesing en daarna deur die nuwe geslag Reitzmanne wat sedert 1997 'n verwerkte vorm van die lied sing.  Dit bly spesiaal en aangrypend om 'n klomp Reitzmanne die koshuislied te hoor sing.  Die aand was ‘n groot sukses en het baie aangenaam verloop.  Die manne het gekuier en gedans tot middernag.

Die Reünie is Sondagoggend afgesluit met 'n spesiale kerkdiens in die Universitas Gemeente en na tee en toebroodjies, wat die Koshuis Ma, Tannie Annetjie, voorberei het, het die manne in die pad geval huis toe.

Dok Robbie Dennis

Voorsitter: NUOR


Marathon Huisvergadering 1970 : Pres. Reitz-kamerwonings

30/8/2013

 
Picture
n Groep manne het vir Prof Kok ( ± 2 uur in die nag) gaan vra of hulle klasse die volgende dag kan afkry agv van die huisvergadering. Teen die muur Joggie Jansen. Voor hom Frans Stroebel. Op sy skouer Peet van Rooyen. Die halwe gesig is Roelf Meyer. Prof Benidictus Kok in die deur.
Die lang(ste) huisvergadering van Pres Reitz-kamerwonings het op 26 Februarie 1970 in die Gazellie  vanaf 22:00 tot die volgende dag, 27 Februarie 1970, om 12:30 plaasgevind.

Tydens die marathonvergadering is o.a. die volgende komitees saamgestel: Afskeidskomitee, Huisfunksiekomitee, Vlotkomitee, Sangkomitee, Bokskomitee, Tafeltenniskomitee, Sokkerkomitee, Verjaardagkomitee, Stoeikomitee, Serkomitee,  Kortbaskomitee, Tenniskomitee, Muurbalkomitee, Interkomitee, Stadionkomitee, Brugkomitee, Skaakkomitee, Pluimbalkomitee, Langbaskomitee, Kaalkopkomitee, Sentrale-komitee en 'n Perskomitee. 

Die Snoekerkomitee het 3 uur en 45 minute geneem het om te verkies soos blyk uit die uittreksel van notule. 

"Mnr. Faan le Roux word aangewys as voorsitter van die snoekerkomitee en vir die twee addisionele lede word 24 persone voorgestel. Daar word besluit dat elke genomineerde eers sy slag moet toon en aangesien die snoekerkamer te klein is vir al die lede van die huis word mnr. Arnold Gunther aangewys as 'ball boy' om 'n paar stokke en balle te gaan haal. Elk van die 24 persone moet die bal om die beurt na vier gekleurde blokke op die teëlvloer speel en die persone wat daarin slaag om die bal te laat stil le in die blokke met 10 stote, sal die twee vakante poste  vul ... Daar word by elke blokkie 'n beampte aangestel en mnr. De Wet le Roux lewer lewendige kommentaar oor die verloop van die uitdun. Na verloop van 3 uur en 45 minute word die komitee uiteindelik saamgestel ... Voorsitter: Faan le Roux, lede: Henk Coetzee en Corwyn Botha."

Fanie le Roux is as voorsitter verkies en Henk Coetzee en Corwyn Botha as lede.

'n Mnr Reitz in die persoon van Uys Prinsloo, is ook gekies.

Om 06:00 die oggend het ons die Koshuislied, "Mowe du fliegst in die heimat" gesing.

Die koshuismoeder, die Rektor, prof Benidictus Kok, 'n verslaggewer  van Die Volksblad, Petro van Rooyen, en 'n fotograaf, Chum du Plessis, het in die loop van die oggend die huisvergadering bygewoon.

Om presies 07:03 op 27 Februarie 1970 maak Fanus Rautenbach in sy program, "Flink uit die vere" melding van hierdie huisvergadering.

As Primarius, het ek slegs vir 'n paar minute die vergadering verlaat het om 'n draai te loop. Vir die duur van hierdie epogmakende vergadering het ek nooit gesit nie. Op 'n stadium het ons besluit dat die Eerstejaars kon gaan slaap.

Hierdie vergadering was een van die saambindende faktore wat  daartoe bygedra dat die inwoners van Pres Reitz-kamerwonings in 1970 op sport-, kultuur- en akademiese vlak uitmuntend gevaar het.  Roelf Meyer (Voorsitter), Piet Smith (lid) en ek (Sekretaris) het ook op die Studenteraad gedien. Die Abe Bailey-reisbeurs is in 1970 aan my toegeken. Ons het stof in die oë van die ander manskoshuise geskop  omdat ons as 'n eenheid gefunksioneer het - die geheel was groter as die individu!

Verskeie dameskoshuise het in die loop van die oggend eetgoed vir ons gebring.

Met die daaropvolgende Huisvergadering, is die rekord vir die kortste vergadering opgestel, naamlik 30 sekonde!

Groete en seënwense

Paul Moller

Ns. Lees die notule in aangehegte dokument.



reitz-huisvergadering_--_27-02-1970.pdf
File Size: 1836 kb
File Type: pdf
Download File

Reitz / Heimat Reünie - Finale program

22/8/2013

 
                                                        REITZ KAMERWONINGS 65 JARIGE REÜNIE


DATUM , TYD en PLEK

 
Vrydag - 23/08/2013

08h30

Registrasie open vir alle ou manne - Dr. Böhmer, Haldon Weg, Bloemfontein, koshuis se eetsaal

09h30

Teekan Biduur te Tent op rugbyveld by Dr. Böhmer

11h00

Senior Bond maak oop vir ou manne - Tent en Senior Bond

 13h00

Bondfunksie en truie uitdeel van alle rugby spanne - Tent

14h00

Vleisbraai - Tent

17h00

Bond sluit

17h30

Heimat 3 vs Veritas 3 - Shimla Park

19h00

 Heimat 2 vs Veritas 2 - Shimla Park

20h30

Heimat 1 vs Veritas 1 - Shimla Park

22h15

Bond open te Heimat

22h30

Bond funksie (Man of the match, biggest hit ens word aangekondig) - Tent, Dr. Böhmer

Saterdag 24/08/2013

09h00

Heimat 1 vs Veritas 1 Sokker - Universiteit van die Vrystaat Sokkervelde

12h00

Huisvergadering – Tee, Koffie & Bier is te koop - Skoolsaal, Dr. Böhmer

18h30

Reitz Dinee - Joolsaal – Universiteit van die Vrystaat

Sondag 25/08/201

11h15

Kerkdiens - Universitas Kerk oorkant Universitas Hospitaal

Wat Reitz Kamerwonings regtig aan jou doen...

11/8/2013

 
PicturePaul Roux: HW, Weppies, Wallie
DIE PAUL ROUX BYEENKOMS

Deur: Kobus (Weppies) Wepener

Elkeen van ons het mos maar ‘n paar baie spesiale oomblikke in ons lewe en soos die jare aanstap word hierdie lappies geleende ure al hoe meer kosbaar. So was dit dan ook die dag daar in Paul Roux toe HW, Wallie en Weppies mekaar weer sien na bykans 25 jaar…  

As ‘n mens jonk is, is die lewe mos een groot avontuur – jy leef net vir vandag en wil elke dag net lag en speel en die toekoms is ‘n ding waaroor die ou mense en jou ouers hulle oor bekommer. As jy eers klaar is met universiteit skop die werklikheid vinning in. Jy begin werk, trou (behalwe Wallie – die ewige “bachelor”), kry kinders (behalwe Wallie – sover ek weet) en dink net aan geld maak (Wallie ook) en vir jou familie sorg. Skielik is die toekoms deel van jou daaglikse bestaan en vergeet mens maklik en vinnig van jou vriende wat so ‘n groot deel van jou jonkwees uitgemaak het. Al wat mettertyd oorbly is vae herrineringe van ‘n tyd van lag en speel.

HW (my destydse kamermaat op Reitz Kamerwonings) woon mos deesdae in die land van die groot wit wolk (in hart en siel bly hy egter ‘n Afrikaner) en was in SA vir die begrafnis van sy pa. Wallie (wat saam met ons in Bungalow 1 gebly het) bly in Paul Roux – daardie pragtige plattelandse dorpie in die Vrystaat. Ekself bly in Pietersburg (deesdae Polokwane) in die Bosveld.

Toe Wallie my bel en laat weet dat HW in die land is het ek dadelik besluit dat ek my ou “rooms” weer moet sien - vir die eerste keer in 25 jaar. Danksy Wallie se navorsing kon ek vir HW opspoor en het ons besluit om by Wallie in Paul Roux bymekaar te kom en die aand daar oor te slaap. So is die dag dan gereël as 19 Junie 2013.

Met grootse verwagtinge is ek dan vort na Paul Roux. Daar aangekom wag ek langs die stowwerige paadjie by die enigste “pub” in die ganse Paul Roux. Ook nie te lank nie of daar stop ‘n motor agter my – dit is “vinnige vuis” HW. Met die uitklimslag herken ek hom dadelik – die jare het maar min skade aangerig. Na ‘n vinnige handskud omhels hy my met soos die Russe altyd doen en toe weet ek – hierdie man het niks verander nie (as hy my kar gesteel het op universiteit om te gaan vry of droog te maak het hy altyd later skoorvoetend nader gesluip, my dan (tot my groot onsteltenis) omhels, sy harde stokkiesbaad deur my gesig gevryf en (meestal met ‘n drank asem) gesê: ‘Rooms – jy kan mos nie vir my kwaad wees nie’ – ek moes dit maar vat want daar was geen mannier dat ‘n skrumskakel uit ‘n stut se kloue kon loskom nie).

Ons het kortliks gesels oor alles en wat van New Zeeland toe daar ‘n bakkie stop – dit was die Rooi Reus (Wildfred Perkins – ook bekend as Wallie). Toe ek sien hy lyk darem bietjie meer gehawend as HW was ek maar bly – ek en Wallie het duidelik baie meer myle op.

Na ‘n hartlike gegroet skuif ons in by die “pub”. Die plekkie is tiperend van ons plattelandse “pubs” – allerhande goeters teen die mure en kompleet met ‘n “barman” wat allerhande wyshede met jou wil deel. Daar was darem gelukkig ‘n kaggel om die ergste Vrystaatse koue te verjaag en sommer met die eerste “cheers” het ek geweet hier kom ‘n lang en onvergeetlike aand.

Ons kon nie wag om uit te vra, stories te vertel of lewenswyshede uit te ruil nie - nie lank nie of omtrent elke sin begin met: “Onthou julle dié dag toe …”, “Wat hoor julle van Piet …?”, “Wat het van Jan geword …?”, “Hoe gaan dit met …?”. Ons het aan mekaar se lippe gehang en kon nie vinnig genoeg die volgende verhaal vertel nie.

Dinge wat mens vergeet het is weer opgeroep – die dag toe HW aspris op my vingers getrap het toe ek die bal wou optel na ‘n lynstaan, toe hy my “getrip” het as ek voor hom by die bal wou uitkom, toe hy nie die bal vir my wou aangee met ‘n oop doellyn in ‘n wedstryd waar ons vêr voor was en almal behalwe ek (hy omtrent drie) al ‘n drie gedruk het, ens.

Daar is gelag oor die “famous” Griekwa “trips”, die inter-varsities, die ‘kotskoets’, die rugby-trip af Kaap toe, die ou kar wat ons gekoop het (Barabela – the Queen of the Campus), die kat wat HW gehad het, ons Spaniel “Robbies”, hoe ons die eerstejaars klaar gemaak het, die sokkies (ons was altyd dronk daar want ons kon nie juis dans nie en moes krag kry daarvoor), die dag toe my kar ‘Sputnik” die pad verlaat het op Lindley se grondpad (HW het my oë toegedruk), Wallie se “mating call” as ‘n mooi vroulike student voor bungalow 1 se stoep verby loop, die goeie tye by Akkedisbult, die “girls” wat ons gehad het en dié wat ons nie kon kry nie, ens. Die stories het aangehou en aangehou en toe die “pub” toemaak is ons vort na Wallie se huis – net om vuur aan te steek, vleis te braai, verder te gesels en amper om te kom in Vrystaatse koue. Ons het gelag en gespeel, net soos in ons jong dae...

Ons gesels oor ou bekendes – Naas, Botties, Genis, Bula, Lovey, Ters, Juba en al die ander (daar is te veel om op te noem). Ons gesels oor die Italianer (Giovanni Secci) en ons sing spontaan “Marina, Marina, Marina” uit volle bors. Ons gesels oor die lewe, die liefde, ons vrouens, kinders, familie en alle ander ‘diep’ dinge. Ons is soos kinders wat alles wil weet en alles bevraagteken. Daar is geen keer aan ons soeke na dit wat was en dit wat sal wees nie. Soos in ‘n oogwink is dit vier-uur en ons gaan slaap want ek wil nege-uur die lang pad terug aanpak.

Half-nege is ons op maar ek kom nie aan die ry nie – ons staan rond, Wallie spog met sy pogings om Proteas te groei (terwyl hy soos ‘n mal mens kaalvoet sy groot voete oor die wit gerypte gras voortsleep), ons gee raad oor die krake in sy huis, gaan kyk na sy planne vir ‘n kelder, kyk op Facebook na die Reitz “site” wat HW begin het, probeer om vir Wallie ‘n Russiese “girl” in te voer oor die Internet en gesels en gesels – alles net omdat ons die wonder van die oomblik besef.

Ek weet ek moet ry want later die aand tree my dogter op in ‘n opvoering by die skool en sy en haar ma sal my hel gee as ek nie betyds is nie, maar teen tien-uur oorreed Wallie my om ontbyt te gaan eet by die klein restaurantjie net om die draai. Na ‘n kort gewik en geweeg stem ek in en ons ry soontoe. Die plekkie lyk soos iets uit ‘n Weg tydskrif – sandsteen geboutjie met ‘n staal dak en ‘n stoep, winkeltjie waar jy van klere tot konfyt kan koop, buite is daar is ‘n ou rooi posbus, geroeste staal blomme, ‘n ou parkeermeter en gruis op die parkeerplek – so al asof dit die samekoms van ons verlede simboliseer.

Ons eet ontbyt en gesels en gesels. Dit voel asof ons elke laaste stukkie inligting en storie wil opslurp en memoriseer en probeer om die onvermydelike afskeid so lank as moontlik uit te stel.

Ons het gelag en gespeel soos in ons jong dae maar die werklikheid het ons ingehaal – dit was tyd om te groet en die toekoms tegemoet te gaan.

Ek besef as ek nie nou ry nie slaap ek in die spaarkamer; wil die rekening met kredietkaart betaal maar moet hoor dat hierdie tegnologie nog nie in Paul Roux opgedaag het nie en HW betaal kontant. Ons stap na die karre en ek besef daar is nog so baie wat ek wil vra en uitvind maar die uurglas het leeggeloop. Daar staan ons toe – drie, uitgevrete, middeljarige mans wat omtrent alles in die lewe ervaar het – groot Wallie, kragaap HW en grapgat Weppies - skielik is die woorde op en kan ek niks meer sê of strooi praat nie. Hierdie keer omhels ek vir HW en toe ek opkyk sien ek die vlak trane in Walllie se oë. Ek groet hom maar vinnig want ek weet ek gaan nou my naam gat maak hier voor twee van my grootste vriende, gryp haastig my donkerbril, stotter met ‘n breekstem iets soos “sien julle weer”, klim in my bakkie en ry haastig met die stowwerige paadjie af. So 500m verder stop ek en waai vir oulaas maar ek kan niemand sien nie want ek kon die trane nie langer inhou nie en moet ‘n entjie verder weer stop want ek kan nie meer die pad sien nie.

Nog voor ek in Bethlehem is besef ek dat die trane nie trane van hartseer is nie, maar trane van absolute vreugde. Vreugde omdat die Liewe Vader ons die geleentheid gegun het om ‘n onvergeetlike paar ure in mekaar se geselskap deur te bring en ou bande te herstel. Oor die jare het ons toegelaat dat ons vriendskapsketting se skakels beskadig en roes. Dit is soos om ‘n ploeg buite te los en nie op te pas nie – met verloop van tyd roes dit en word dit beskadig, maar, met ‘n klein bietjie aandag word dit weer amper so goed soos nuut. Die paar ure saam het die stukkende en geroeste skakels van ons vriendskapsketting volkome herstel.

Dit is nou maar eenmaal so dat ‘n mens baie pelle het, maar min ware vriende. Dit gebeur baie dat ‘n mens ou vriende raakloop en na ‘n paar minute heers daar ‘n ongemaklike stilte want julle weet nie meer wat om vir mekaar te sê nie. Hierdie was nie een van daardie gevalle nie – nie eers vir ‘n sekonde was daar daardie swaar, swanger stilte nie.

Ware vriendskap kan nie gekoop of ontwerp word nie. Dit kan slegs verdien word indien daar ‘n baie spesiale band is. As gevolg van ons tye saam in Reitz Kamerwonings is hierdie ewige band vir ons geskep. Ware vriendskap strek oor oseane, dit kan nie vernietig word deur tyd, geld of enige ander invloede nie. Vandag weet ek dat HW en Wallie ware vriende is – manne op wie jy kan staatmaak, kan vertrou en wat jou sal bystaan in moeilike tye.

Die paar ure saam sal by my bly totdat ek by “Shady Pines” gaan rus. Ek gaan dit wegsteek in die binnekamers van my siel, dit beskerm, vertroetel en daarby byvoeg as ons mekaar eendag weer sien.

Ons het gelag en gespeel, net soos in ons jong dae….

https://www.facebook.com/groups/Reitzkamerwonings/



Reitz Kamerwonings se eie CJ Langenhoven

16/7/2013

 
Picture
Manne van die huis,


Ek vertrou dit gaan nog goed met ieder en elk van julle!
So met die reünie om die draai het ek bietjie in my argiewe gaan rond krap en op `n  stukkie pragtige digwerk afgekom.


As ek reg kan onthou het ons dit destyds vir Jake White gestuur met die Wêreldbeker! (Dalk was dit wat die bokke op die ou-end deur getrek het)
Robba, die hele Suid Afrika het jou te danke (Sien aangeheg hieronder)
Eskimilaja!


GolfRomeoOscarEchoTangoEcho


Generaal Pieter Odendaal


os_en_percy_-_deur_t.rossow.pdf
File Size: 290 kb
File Type: pdf
Download File

Reitz Kamerwonings: Rugby: 1996 tot 2001                                 Christo Dippenaar

8/7/2013

 
Christo Dippenaar PictureDippies
Ek het hierdie dokument by Janus Grobler gekry wat flank vir die koshuis vanaf 1996 tot 2001 gespeel het.

Sy broer, Jorrie Grobler, het ook van die wedstryde gespeel. Beide was fanatiese verdedigers. Hulle kon voorwaar soos ’n Joggie Jansen van ouds wedstryde omdraai deur bogemiddelde lakwerk. Janus het aanvanklik vir Olienhout gespeel soos uit die dokument blyk.



Janus het die tradisie gehad om al sy wedstryde en tellings neer te skryf.

Ek wil vasstel of daar nog ou manne is wat soortgelyke goed gedoen het of mooi stories het oor President Reitz Kamerwonings en Heimat se rugby .

Groete,


Dippies



Janus Grobler se Log

Reitz Rugby – 1996 tot 2001 – Eerste span

Die helfte van 1996 games het ons onder die naam Olienhout gespeel en die ander onder Reitz.

1996
21/02 JBM 22 - 05 Wen
26/03 Malhuis 11 - 15 Verloor
02/04 Weermag – Kaap toer 18 - 26 Verloor
03/04 Lugmag – Kaap toer 29 - 11 Wen
19/04 JBM 21 - 19 Wen
26/04 Veritas 26 - 28 Verloor
03/05 Mallhuis 6 - 16 Verloor
10/05 Karee 22 - 16 Wen
18/05 Crusaders 9 - 11 Verloor
13/07 Sentraal 8 - 20 Verloor
20/07 Vishuis 20 - 5 Wen
Die eerste span het in die finaal gespeel (Ek het my enkel gebreek teen Vishuis en kon nie speel in die finaal nie. Horing gatvol gewees).


Games 11 : Wen 5

1997
15/02 Malhuis 0 - 7 Verloor
22/02 Vishuis 23 - 19 Wen
12/04 Vishuis 41 - 7 Wen
19/04 Veritas 27 - 10 Wen
25/04 Karee 11 - 16 Verloor
09/05 Glen 18 - 6 Wen
24/07 JBM 30 - 10 Wen
22/08 De Wilgers 12-5 Wen Interver
03/09 Mannheim 33 - 0 Wen
05/09 Verwoerd 13 – 12 Wen
12/09 Karee 15 - 14 Wen Semi-Finals
18/09 Verwoerd 16 – 25 Verloor Finals

Games 12 : Wen 9  

1998
11/04 Verwoerd 14 – 12 Wen
18/04 JBM 12 – 16 Verloor
08/05 Karee 30 – 19 Wen
22/05 Vishuis 33 – 9 Wen
18/07 Helderberg – Stellenbosch 15 – 18 Verloor Mini Interver
25/07 Veritas 35 – 10 Wen
01/08 Verwoerd 19 – 18 Wen
08/08 JBM 18 - 17 Wen
15/08 Karee 19 – 17 Wen
04/09 Vishuis 47 – 0 Wen
22/09 Verwoerd 21 – 14 Wen Finals (3 spanne in finals)

Games 11 : Wen 9

1999
12/03 Wesselsbron 24 – 19 Wen
09/04 Verwoerd 23 – 15 Wen
16/04 JBM 21 – 5 Wen
23/04 Veritas 47 – 18 Wen
07/05 Karee 31 – 12 Wen
14/05 Vishuis 19 – 0 Wen
27/07 JBM 31 – 25 Wen
31/07 Veritas 19 – 15 Verloor
08/08 Karee 41 – 22 Wen
13/08 Vishuis 20 – 9 Wen
28/08 Verwoerd 30 – 30 Gelykop Finals (3 spanne in finals, 2des en 3des wen)

Games 11 : Wen 9 : Gelykop 1 

2000
27/05 Op die Rif (RAU wenners) 27 – 17 Wen Leeufees
21/07 Verwoerd 24 – 23 Wen
28/07 Veritas 50 – 19 Wen
04/08 Karee 40 – 0 Wen
11/08 Vishuis 37 – 12 Wen
18/08 Pampoene – Potch 19 – 48 Verloor Interver
02/09 JBM 34 – 10 Wen
09/09 Veritas 29 – 20 Wen
15/09 Verwoerd 15 – 44 Verloor
13/10 Verwoerd 42 – 37 Wen Finals (al 3 spanne wen)

Games 10 : Wen 8

2001
24/08 Karee 13 – 18 Verloor

Games 56 : Wen 40

Groete,

Janus


    Author

    JP Kruger vir nuus oor Pres Reitz Kamerwonings en Heimat Mannerheim   

    Reitz Heimat Wapen
    Pres Reitz - Heimat

    Archives

    February 2017
    July 2016
    April 2016
    March 2016
    May 2015
    January 2015
    June 2014
    January 2014
    November 2013
    October 2013
    September 2013
    August 2013
    July 2013
    May 2013

    Categories

    All
    1959 1962
    1959 - 1962
    2013
    2013 Reünie
    2013 Reünie
    Amelia
    Gerrit V Wyk
    Heimat Mannerheim
    Huisvergadering
    Mini Reünie 2013 - 76
    Ode Aan Sonnekus En Buschy
    Pieter Odendaal
    President Reitz
    Pres Reitz
    Pres Reitz Kamerwonings
    Robbe
    Robbie Dennis
    Rugby
    Theunis Bekker
    Universiteit Vrystaat

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.