
Daar was ’n deursigtige proses gevolg met die bieëry op die web en Facebook. Mnr. Philip Mostert van Rustenburg was egter adamant dat die groot bokke syne sou wees. Mnr. Theunis Bekker van Harrismith aan die grens van Natal het hard probeer: Hy is ’n bekende Boomsoener en vegetariër. Hy wou die bokke vang, fotografeer en daarna in Goukandla vrylaat. Mnr. Mostert het dit egter afgelag en die bod was op hom toegeslaan. ( Die feit dat menere Henning en Mostert kamermaats was, het geen rol gespeel nie).
Die geld was oorbetaal aan die NUOR en die jagtog was aan. Hier is die kort en kragtige verslag en foto’s van mnr. Mostert:
“Die groot jag was bitter lekker. Alles was perfek, ook die weer. Die gasvryheid van Rooms en Riza was baie spesiaal ons het baie geëet en tot laat gekuier. Riza was verplig om van haar resepte saam te gee.
My seuns Wessel en Gerhard het elkeen n swartwildebees geskiet terwyl ek en Gerhard se skoonpa maar moes settle vir n blesbok elk. Rooms boer op 3500 ha en is ongelooflik mooi. Ek wou ook altyd boer maar kon nie op varsity n girl kry sonder broers en met n moerse plaas nie nou pomp ek maar petrol vir n lewe. Dinge in ons dorp (Rustenburg) is kritiek besighede maak op strepe toe. Staking al verby 4 maande. Nou n gebedsaak.
Nou ja aan al julle dik )%^^$#@$% wat nie meer skryf nie se $&@!?(;/.
Bungalow 4 se meerkatte is nog veilig.”
Mnr. Mostert wat self 6 voet 3 en ¾ in sy sokkies staan, het soos volg geantwoord oor die lengte en die grootte van sy seuns (sommige het vaderskap betwis):
“Ja ek is geseënd met sulke bulle. Gerhard baie talent. 2011 2 toetse vir Bokke gespeel in Tri nations 2005 Junior Bokke World Cup gewen, SA Universiteite, Craven week, Sharks, Lions ens . Hy speel al 3 jaar vir Stade France in Parys . nog n jaar oor. Wessel die ander een is rof en grof, speel goeie rugby maar hou meer van bliksem . Ek noem dit sag, maar my seun is pas gekies as n swaargewig amateur cage fighter wat Suid -Afrika verteenwoordig in Los Angeles einde van die maand -baie guts geen fight nog 3 rondtes teen hom klaargemaak. Aard glad nie na my nie, ek was baie teruggetrokke en meer akademies van aard”.
Philip “Chief” Mostert