President Reitz Kamerwonings (RKW)
  • Home
  • REITZ
    • Kortliks oor Reitz
    • Reitz 65 / Heimat 5 : Reünie 2013
    • Reitz 2008 : Blouwillem
    • Reünie Foto's 2013
    • Foto's '59 tot '62
    • Foto's '76 tot '79 (1)
    • Foto's '76 tot '79 (2)
    • Foto's 80's (1)
    • Ererol
  • HEIMAT
    • Agtergrond
    • Aktiwiteite
    • Doen Aansoek
    • Rugby Kampioene! Beste Koshuis in SA
    • Heimat Jool 2014
    • Belangrike Nuus 2013
    • Heimat 5 : Reünie 2013
    • Foto's 1
    • Foto's 2
    • Foto's Jool 2013
    • Foto's Potch Julie 2013 HM
  • ROBBE
    • Teken in op Nuusbrief
    • Projekte
    • Beplande Mini - Reünie : George : Desember 2015
    • NUOR Komitee 2013 - 2018
    • NUOR Bydraes
    • Mini Reünie Maart 2014
    • Robbe Foto's
  • BESTUUR
  • REITZ BLOG
  • KONTAK ONS

Marathon Huisvergadering 1970 : Pres. Reitz-kamerwonings

30/8/2013

 
Picture
n Groep manne het vir Prof Kok ( ± 2 uur in die nag) gaan vra of hulle klasse die volgende dag kan afkry agv van die huisvergadering. Teen die muur Joggie Jansen. Voor hom Frans Stroebel. Op sy skouer Peet van Rooyen. Die halwe gesig is Roelf Meyer. Prof Benidictus Kok in die deur.
Die lang(ste) huisvergadering van Pres Reitz-kamerwonings het op 26 Februarie 1970 in die Gazellie  vanaf 22:00 tot die volgende dag, 27 Februarie 1970, om 12:30 plaasgevind.

Tydens die marathonvergadering is o.a. die volgende komitees saamgestel: Afskeidskomitee, Huisfunksiekomitee, Vlotkomitee, Sangkomitee, Bokskomitee, Tafeltenniskomitee, Sokkerkomitee, Verjaardagkomitee, Stoeikomitee, Serkomitee,  Kortbaskomitee, Tenniskomitee, Muurbalkomitee, Interkomitee, Stadionkomitee, Brugkomitee, Skaakkomitee, Pluimbalkomitee, Langbaskomitee, Kaalkopkomitee, Sentrale-komitee en 'n Perskomitee. 

Die Snoekerkomitee het 3 uur en 45 minute geneem het om te verkies soos blyk uit die uittreksel van notule. 

"Mnr. Faan le Roux word aangewys as voorsitter van die snoekerkomitee en vir die twee addisionele lede word 24 persone voorgestel. Daar word besluit dat elke genomineerde eers sy slag moet toon en aangesien die snoekerkamer te klein is vir al die lede van die huis word mnr. Arnold Gunther aangewys as 'ball boy' om 'n paar stokke en balle te gaan haal. Elk van die 24 persone moet die bal om die beurt na vier gekleurde blokke op die teëlvloer speel en die persone wat daarin slaag om die bal te laat stil le in die blokke met 10 stote, sal die twee vakante poste  vul ... Daar word by elke blokkie 'n beampte aangestel en mnr. De Wet le Roux lewer lewendige kommentaar oor die verloop van die uitdun. Na verloop van 3 uur en 45 minute word die komitee uiteindelik saamgestel ... Voorsitter: Faan le Roux, lede: Henk Coetzee en Corwyn Botha."

Fanie le Roux is as voorsitter verkies en Henk Coetzee en Corwyn Botha as lede.

'n Mnr Reitz in die persoon van Uys Prinsloo, is ook gekies.

Om 06:00 die oggend het ons die Koshuislied, "Mowe du fliegst in die heimat" gesing.

Die koshuismoeder, die Rektor, prof Benidictus Kok, 'n verslaggewer  van Die Volksblad, Petro van Rooyen, en 'n fotograaf, Chum du Plessis, het in die loop van die oggend die huisvergadering bygewoon.

Om presies 07:03 op 27 Februarie 1970 maak Fanus Rautenbach in sy program, "Flink uit die vere" melding van hierdie huisvergadering.

As Primarius, het ek slegs vir 'n paar minute die vergadering verlaat het om 'n draai te loop. Vir die duur van hierdie epogmakende vergadering het ek nooit gesit nie. Op 'n stadium het ons besluit dat die Eerstejaars kon gaan slaap.

Hierdie vergadering was een van die saambindende faktore wat  daartoe bygedra dat die inwoners van Pres Reitz-kamerwonings in 1970 op sport-, kultuur- en akademiese vlak uitmuntend gevaar het.  Roelf Meyer (Voorsitter), Piet Smith (lid) en ek (Sekretaris) het ook op die Studenteraad gedien. Die Abe Bailey-reisbeurs is in 1970 aan my toegeken. Ons het stof in die oë van die ander manskoshuise geskop  omdat ons as 'n eenheid gefunksioneer het - die geheel was groter as die individu!

Verskeie dameskoshuise het in die loop van die oggend eetgoed vir ons gebring.

Met die daaropvolgende Huisvergadering, is die rekord vir die kortste vergadering opgestel, naamlik 30 sekonde!

Groete en seënwense

Paul Moller

Ns. Lees die notule in aangehegte dokument.



reitz-huisvergadering_--_27-02-1970.pdf
File Size: 1836 kb
File Type: pdf
Download File


Comments are closed.

    Author

    JP Kruger vir nuus oor Pres Reitz Kamerwonings en Heimat Mannerheim   

    Reitz Heimat Wapen
    Pres Reitz - Heimat

    Archives

    February 2017
    July 2016
    April 2016
    March 2016
    May 2015
    January 2015
    June 2014
    January 2014
    November 2013
    October 2013
    September 2013
    August 2013
    July 2013
    May 2013

    Categories

    All
    1959 1962
    1959 - 1962
    2013
    2013 Reünie
    2013 Reünie
    Amelia
    Gerrit V Wyk
    Heimat Mannerheim
    Huisvergadering
    Mini Reünie 2013 - 76
    Ode Aan Sonnekus En Buschy
    Pieter Odendaal
    President Reitz
    Pres Reitz
    Pres Reitz Kamerwonings
    Robbe
    Robbie Dennis
    Rugby
    Theunis Bekker
    Universiteit Vrystaat

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.