President Reitz Kamerwonings (RKW)
  • Home
  • REITZ
    • Kortliks oor Reitz
    • Reitz 65 / Heimat 5 : Reünie 2013
    • Reitz 2008 : Blouwillem
    • Reünie Foto's 2013
    • Foto's '59 tot '62
    • Foto's '76 tot '79 (1)
    • Foto's '76 tot '79 (2)
    • Foto's 80's (1)
    • Ererol
  • RKW
    • RKW in 'n neutedop
    • Aktiwiteite
    • Doen Aansoek
    • Besoek Ons
    • Fotos:RKW RUGBY 2021
    • Fotos: RKW 7'S 2021
    • Fotos:RKW Koshuislewe-1
    • Fotos:RKW Koshuislewe-2
    • Huisfotos
    • Videos
    • Ererol
    • Tariewe
  • HEIMAT
    • Agtergrond
    • Rugby Kampioene! Beste Koshuis in SA
    • Heimat Jool 2014
    • Belangrike Nuus 2013
    • Heimat 5 : Reünie 2013
    • Foto's 1
    • Foto's 2
    • Foto's Jool 2013
    • Foto's Potch Julie 2013 HM
    • Ererol
  • ROBBE
    • Teken in op Nuusbrief
    • NUOR Komitee 2018-2023
    • Projekte
    • Beplande Mini - Reünie : George : Desember 2015
    • NUOR Bydraes
    • Mini Reünie Maart 2014
    • Robbe Foto's
  • Bestuur en Ons Span
    • Oor die Koshuis bestuur
    • Ontmoet die span:Koshuis bestuur
    • Ontmoet die span:Huiskomitee(HK)
    • Ontmoet die span: Personeel
  • REITZ BLOG
  • KONTAK ONS
  • Reitz : Klere
  • Mini-Reünie: Rhodes: Maart 2022

Mini Reünie  Maart 2014

9/6/2014

 
Picture
Danksy Philip en Riza Henning het ons reünie gehou van veral die 1976 en 1977 eerstejaars einde Maart 2014.

Na 35 jaar lyk die manne effe anders. Losskakels en senters lyk deesdae soos gedugte voorrye  en voorrye soos Rondeman het weer die bynaam Slimline gekry.

Enkeles was onherkenbaar en daar is gewonder of Klaas Venter nie dalk '’n "under cover" Malhuis - of Vishuisman is nie. Hoe dit ookal sy, ons het ons vingers stompies af geëet aan Klaas se tuisgebakte brode.

Vir die rekord, op die foto is myself wat inloer, Klaas Venter, Deon (Slimline) Rondeman van Wyk, Philip Chief Mostert, Nic Greyling,  Pierre Duiwel Ludike, Jack Radford, Beukes van Zyl (van NUOR) en voor is Philip Henning. (Kliek op foto om te vergroot. Sien ook meer stories, inligting en foto's hier)

Jahni Kruger was te stadig om in die foto te kom,  Gert Coetzee het die Volksblad gaan skryf en Boeta Geel was al huis toe.

Hennie Pienaar van die Kaap en Ronnie van Dyk van Bloem van die NUOR-Komitee het ook lekker saam gekuier. Ek dag die ouens sê maar net so met die George reünie  verlede jaar, maar die vrouens het gou maats gemaak en net so lekker saam gekuier.

Meeste was al weg van die huis en het eers op die reünie  gehoor van Frank se e-pos bekentenis van identiteitsdiefstal  van Duiwel.

Frank, ek dink jy sal in die vervolg op jou pasoppens moet wees,  hoewel Pierre gebieg het dat Frank heelwat langer as 15 minute in die Kerk op sy troudag, moes wag.

Die enigste nagevolge van dat Pierre se kamer gekanselleer was, was dat hy in 'n "kot" moes slaap, nou nie dat daar juis baie tyd aan slaap gemors is nie.

Dit was regtig lekker om al die manne weer te sien, veral ouens soos Pierre wat 'n dag en 'n half moes ry vanaf Windhoek (een rigting) en ouens wat ingevlieg het.

Buiten vir die Hennings, dankie aan veral Janis, Jack en Klaas vir al julle moeite.

Sien julle en die res van die manne net na Kersfees in George met die volgende reünie.

En Flippie, jy het dit spesiaal vir ons almal gemaak.

Groete

Deon du Plessis

(Ons beplan groot mini-reünie vir alle Jare wat die naweek van 26 - 28 Desember 2014 in Suid-Kaap vakansie hou of wil kom hou. Besonderhede sal volg - Janis)



Comments are closed.

    Author

    JP Kruger vir nuus oor Pres Reitz Kamerwonings en Heimat Mannerheim   

    Reitz Heimat Wapen
    Pres Reitz - Heimat

    Archives

    February 2017
    July 2016
    April 2016
    March 2016
    May 2015
    January 2015
    June 2014
    January 2014
    November 2013
    October 2013
    September 2013
    August 2013
    July 2013
    May 2013

    Categories

    All
    1959 1962
    1959 - 1962
    2013
    2013 Reünie
    2013 Reünie
    Amelia
    Gerrit V Wyk
    Heimat Mannerheim
    Huisvergadering
    Mini Reünie 2013 - 76
    Ode Aan Sonnekus En Buschy
    Pieter Odendaal
    President Reitz
    Pres Reitz
    Pres Reitz Kamerwonings
    Robbe
    Robbie Dennis
    Rugby
    Theunis Bekker
    Universiteit Vrystaat

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.