President Reitz Kamerwonings (RKW)
  • Home
  • REITZ
    • Kortliks oor Reitz
    • Reitz 65 / Heimat 5 : Reünie 2013
    • Reitz 2008 : Blouwillem
    • Reünie Foto's 2013
    • Foto's '59 tot '62
    • Foto's '76 tot '79 (1)
    • Foto's '76 tot '79 (2)
    • Foto's 80's (1)
    • Ererol
  • RKW
    • RKW in 'n neutedop
    • Aktiwiteite
    • Doen Aansoek
    • Besoek Ons
    • Fotos:RKW RUGBY 2021
    • Fotos: RKW 7'S 2021
    • Fotos:RKW Koshuislewe-1
    • Fotos:RKW Koshuislewe-2
    • Huisfotos
    • Videos
    • Ererol
    • Tariewe
  • HEIMAT
    • Agtergrond
    • Rugby Kampioene! Beste Koshuis in SA
    • Heimat Jool 2014
    • Belangrike Nuus 2013
    • Heimat 5 : Reünie 2013
    • Foto's 1
    • Foto's 2
    • Foto's Jool 2013
    • Foto's Potch Julie 2013 HM
    • Ererol
  • ROBBE
    • Teken in op Nuusbrief
    • NUOR Komitee 2018-2023
    • Projekte
    • Beplande Mini - Reünie : George : Desember 2015
    • NUOR Bydraes
    • Mini Reünie Maart 2014
    • Robbe Foto's
  • Bestuur en Ons Span
    • Oor die Koshuis bestuur
    • Ontmoet die span:Koshuis bestuur
    • Ontmoet die span:Huiskomitee(HK)
    • Ontmoet die span: Personeel
  • REITZ BLOG
  • KONTAK ONS

‘n Ode aan Sonnekus en Buschy

14/7/2016

0 Comments

 
Deur Tom Ferreira
“Dit lyk dit soos iemand wat met ‘n fiets deur sulke moerasse ry,” het my Reitz-vriend Faan le Roux op ‘n keer verwonderd opgemerk toe Jan Schlebusch soos ‘n gedagte om sy teenstander swenk, met sy kenmerkende kronkellopies nog ‘n paar verdedigers in die lug laat gryp en die bal agter die doellyn gaan plant.

​Daar was inderdaad nie veel mooier gesigte as om Jan Johannes Jacobus Schlebusch deur ‘n gaping te sien suiker nie. Net mooi 42 jaar gelede, op 13 Julie 1974, het Reitz-kamerwonings se Bushy Springbok nommer 472 geword toe hy in Port Elizabeth in die derde toets van die reeks vir die Springbokke teen die Britse Leeus uitgedraf het.  Hier is hy saam met ‘n paar van sy Reitz-kamerade, Blouwillem Theron, Tom Ferreira, Jan Schlebusch, wyle Schalk du Toit en Riaan Hattingh, pas nadat hy gehoor het hy is vir die Bokke gekies. 
Picture
Nóg ‘n Reitzman, Gerrie Sonnekus, het dieselfde dag Springbok nommer 473 geword.  Die 21-jarige Sonnekus, wat skaars tien jaar oud was toe sy kaptein, Hannes Marais, die eerste keer die Groen en Goud oor die kop getrek het, is as skrumskakel in die diepkant ingegooi teen die legendariese Gareth Edwards. Talle “kenners” blameer hom vandag nog, onverdiend na my mening, vir die Bokke se vernederende nederlaag (26-9) teen die Leeus.

Wat ‘n hartseerdag was dit nie!  My twee broers, Naas en Stef (wat van 1967 tot 1970 in Reitz was), het die Vrydagaand voor die toets in ‘n Volkswagen-kewer van Pretoria na Bloemfontein gery, waar hulle vir my en my woonstelmaat, Blouwillem Theron, opgelaai het.  Ons het omstreeks middernag in die pad geval Port Elizabeth toe, waar ons skuins ná sonop aangekom het (die spoedbeperking was destyds 80 km/h, selfs op die snelweë). 

As jy so ver ry om jou helde in aksie te sien, wil jy hulle nie sien verloor nie.  Nie net het hulle daardie dag die toets verloor nie, maar ook die reeks.  Ons wou behoorlik ons polse sny. Dit het ‘n hele paar liter bier gevat om ons weer in ‘n gemoedelik stemming te kry.

Ons twee Reitz-Bokke het egter die Boet Erasmus-stadion se hartseer van hulle afgeskud en uit die as uit opgestaan.  Bushy se toetsloopbaan het ‘n opwaartse kurwe getoon.  Hy is vir die vierde toets teen die Leeus gekies, wat gelykop (13-13) geëindig het, terwyl hy die Bokke in sy derde en laaste toets (in 1975 op Loftus), gehelp het om die Franse met 33-18 te klop.  

Buschy het 7 drieë in 41 wedstryde vir die Vrystaat gedruk.

SONNEKUS
Picture
Oor Gerhardus Hermanus Henrikus Sonnekus kan ek boekdele skryf.  Anders as Bushy, het tien jaar verloop voordat hy weer die Groen en Goud oor die kop te trek: dié keer as agsteman teen Engeland in 1984. Die Bokke het albei die toetse waarin hy daardie jaar gespeel het, maklik gewen.

Gerrie Sonnekus bly een van die begaafste rugbyspelers wat ek ooit in aksie gesien het.  Hy is trouens saam met wyle dr. Danie Craven die enigste speler wat op skrumskakel en agsteman vir die Bokke in ‘n toets uitgedraf het. Hy kon letterlik in enige posisie speel, behalwe miskien vleuel (waarvoor hy dalk nie genoeg spoed gehad het nie) en slot (waarvoor hy te kort was).
 
Voordat hy op daardie noodlottige dag vir die Bokke teen die Leeus opgedraf het, het hy verskeie blink vertonings vir die Vrystaat op skrumskakel gelewer, onder meer vir die Vrystaat teen die Leeus twee weke voor die derde toets. Die Leeus was daardie dag uiters gelukkig om die Vrystaat te klop (9-11) danksy ‘n drie in beseringstyd deur Gareth Edwards.

Gerrie het in 160 wedstryde vir die Vrystaat gespeel, 63 daarvan as kaptein. Hy het in 10 hiervan op skrumskakel uitgedraf, 106 op agsteman en 44 op flank.  Hy het ‘n reusagtige 63 drieë in die Vrystaattrui gedruk. 

Ons salueer die Reitz-Bokke van weleer!
​
Terloops. Gerrie se 69 drieë vir die Vrystaat word net deur nóg ‘n Springbok wat in Reitz was oortref; Chris Badenhorst (Springbok-regtervleuel), het in 221 wedstryde 136 drieë gedruk.

​Op 25 September 1976 het Sonnie saam met Schlebusch en nóg drie Reitz-Bokke, De Wet Ras en die broers Joggie en Eben Jansen, die Vrystaat gehelp om die Curriebeker die eerste keer in die geskiedenis te wen. En oom Sakkie van Zyl het afgerig.
Picture
1976 Vrystaat 33 – 16 WP

Klik op foto's om te vergroot
Gerrie lê aan
En tref!
Slee trek verdediging
Gerrie hol
1983 Lion Beker
Sonnie breek
0 Comments

Your comment will be posted after it is approved.


Leave a Reply.

    Author

    JP Kruger vir nuus oor Pres Reitz Kamerwonings en Heimat Mannerheim   

    Reitz Heimat Wapen
    Pres Reitz - Heimat

    Archives

    February 2017
    July 2016
    April 2016
    March 2016
    May 2015
    January 2015
    June 2014
    January 2014
    November 2013
    October 2013
    September 2013
    August 2013
    July 2013
    May 2013

    Categories

    All
    1959 1962
    1959 - 1962
    2013
    2013 Reünie
    2013 Reünie
    Amelia
    Gerrit V Wyk
    Heimat Mannerheim
    Huisvergadering
    Mini Reünie 2013 - 76
    Ode Aan Sonnekus En Buschy
    Pieter Odendaal
    President Reitz
    Pres Reitz
    Pres Reitz Kamerwonings
    Robbe
    Robbie Dennis
    Rugby
    Theunis Bekker
    Universiteit Vrystaat

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.