President Reitz Kamerwonings (RKW)
  • Home
  • REITZ
    • Kortliks oor Reitz
    • Reitz 65 / Heimat 5 : Reünie 2013
    • Reitz 2008 : Blouwillem
    • Reünie Foto's 2013
    • Foto's '59 tot '62
    • Foto's '76 tot '79 (1)
    • Foto's '76 tot '79 (2)
    • Foto's 80's (1)
    • Ererol
  • RKW
    • RKW in 'n neutedop
    • Aktiwiteite
    • Doen Aansoek
    • Besoek Ons
    • Fotos:RKW RUGBY 2021
    • Fotos: RKW 7'S 2021
    • Fotos:RKW Koshuislewe-1
    • Fotos:RKW Koshuislewe-2
    • Huisfotos
    • Videos
    • Ererol
    • Tariewe
  • HEIMAT
    • Agtergrond
    • Rugby Kampioene! Beste Koshuis in SA
    • Heimat Jool 2014
    • Belangrike Nuus 2013
    • Heimat 5 : Reünie 2013
    • Foto's 1
    • Foto's 2
    • Foto's Jool 2013
    • Foto's Potch Julie 2013 HM
    • Ererol
  • ROBBE
    • Teken in op Nuusbrief
    • NUOR Komitee 2018-2023
    • Projekte
    • Beplande Mini - Reünie : George : Desember 2015
    • NUOR Bydraes
    • Mini Reünie Maart 2014
    • Robbe Foto's
  • Bestuur en Ons Span
    • Oor die Koshuis bestuur
    • Ontmoet die span:Koshuis bestuur
    • Ontmoet die span:Huiskomitee(HK)
    • Ontmoet die span: Personeel
  • REITZ BLOG
  • KONTAK ONS

Wat Reitz Kamerwonings regtig aan jou doen...

11/8/2013

 
PicturePaul Roux: HW, Weppies, Wallie
DIE PAUL ROUX BYEENKOMS

Deur: Kobus (Weppies) Wepener

Elkeen van ons het mos maar ‘n paar baie spesiale oomblikke in ons lewe en soos die jare aanstap word hierdie lappies geleende ure al hoe meer kosbaar. So was dit dan ook die dag daar in Paul Roux toe HW, Wallie en Weppies mekaar weer sien na bykans 25 jaar…  

As ‘n mens jonk is, is die lewe mos een groot avontuur – jy leef net vir vandag en wil elke dag net lag en speel en die toekoms is ‘n ding waaroor die ou mense en jou ouers hulle oor bekommer. As jy eers klaar is met universiteit skop die werklikheid vinning in. Jy begin werk, trou (behalwe Wallie – die ewige “bachelor”), kry kinders (behalwe Wallie – sover ek weet) en dink net aan geld maak (Wallie ook) en vir jou familie sorg. Skielik is die toekoms deel van jou daaglikse bestaan en vergeet mens maklik en vinnig van jou vriende wat so ‘n groot deel van jou jonkwees uitgemaak het. Al wat mettertyd oorbly is vae herrineringe van ‘n tyd van lag en speel.

HW (my destydse kamermaat op Reitz Kamerwonings) woon mos deesdae in die land van die groot wit wolk (in hart en siel bly hy egter ‘n Afrikaner) en was in SA vir die begrafnis van sy pa. Wallie (wat saam met ons in Bungalow 1 gebly het) bly in Paul Roux – daardie pragtige plattelandse dorpie in die Vrystaat. Ekself bly in Pietersburg (deesdae Polokwane) in die Bosveld.

Toe Wallie my bel en laat weet dat HW in die land is het ek dadelik besluit dat ek my ou “rooms” weer moet sien - vir die eerste keer in 25 jaar. Danksy Wallie se navorsing kon ek vir HW opspoor en het ons besluit om by Wallie in Paul Roux bymekaar te kom en die aand daar oor te slaap. So is die dag dan gereël as 19 Junie 2013.

Met grootse verwagtinge is ek dan vort na Paul Roux. Daar aangekom wag ek langs die stowwerige paadjie by die enigste “pub” in die ganse Paul Roux. Ook nie te lank nie of daar stop ‘n motor agter my – dit is “vinnige vuis” HW. Met die uitklimslag herken ek hom dadelik – die jare het maar min skade aangerig. Na ‘n vinnige handskud omhels hy my met soos die Russe altyd doen en toe weet ek – hierdie man het niks verander nie (as hy my kar gesteel het op universiteit om te gaan vry of droog te maak het hy altyd later skoorvoetend nader gesluip, my dan (tot my groot onsteltenis) omhels, sy harde stokkiesbaad deur my gesig gevryf en (meestal met ‘n drank asem) gesê: ‘Rooms – jy kan mos nie vir my kwaad wees nie’ – ek moes dit maar vat want daar was geen mannier dat ‘n skrumskakel uit ‘n stut se kloue kon loskom nie).

Ons het kortliks gesels oor alles en wat van New Zeeland toe daar ‘n bakkie stop – dit was die Rooi Reus (Wildfred Perkins – ook bekend as Wallie). Toe ek sien hy lyk darem bietjie meer gehawend as HW was ek maar bly – ek en Wallie het duidelik baie meer myle op.

Na ‘n hartlike gegroet skuif ons in by die “pub”. Die plekkie is tiperend van ons plattelandse “pubs” – allerhande goeters teen die mure en kompleet met ‘n “barman” wat allerhande wyshede met jou wil deel. Daar was darem gelukkig ‘n kaggel om die ergste Vrystaatse koue te verjaag en sommer met die eerste “cheers” het ek geweet hier kom ‘n lang en onvergeetlike aand.

Ons kon nie wag om uit te vra, stories te vertel of lewenswyshede uit te ruil nie - nie lank nie of omtrent elke sin begin met: “Onthou julle dié dag toe …”, “Wat hoor julle van Piet …?”, “Wat het van Jan geword …?”, “Hoe gaan dit met …?”. Ons het aan mekaar se lippe gehang en kon nie vinnig genoeg die volgende verhaal vertel nie.

Dinge wat mens vergeet het is weer opgeroep – die dag toe HW aspris op my vingers getrap het toe ek die bal wou optel na ‘n lynstaan, toe hy my “getrip” het as ek voor hom by die bal wou uitkom, toe hy nie die bal vir my wou aangee met ‘n oop doellyn in ‘n wedstryd waar ons vêr voor was en almal behalwe ek (hy omtrent drie) al ‘n drie gedruk het, ens.

Daar is gelag oor die “famous” Griekwa “trips”, die inter-varsities, die ‘kotskoets’, die rugby-trip af Kaap toe, die ou kar wat ons gekoop het (Barabela – the Queen of the Campus), die kat wat HW gehad het, ons Spaniel “Robbies”, hoe ons die eerstejaars klaar gemaak het, die sokkies (ons was altyd dronk daar want ons kon nie juis dans nie en moes krag kry daarvoor), die dag toe my kar ‘Sputnik” die pad verlaat het op Lindley se grondpad (HW het my oë toegedruk), Wallie se “mating call” as ‘n mooi vroulike student voor bungalow 1 se stoep verby loop, die goeie tye by Akkedisbult, die “girls” wat ons gehad het en dié wat ons nie kon kry nie, ens. Die stories het aangehou en aangehou en toe die “pub” toemaak is ons vort na Wallie se huis – net om vuur aan te steek, vleis te braai, verder te gesels en amper om te kom in Vrystaatse koue. Ons het gelag en gespeel, net soos in ons jong dae...

Ons gesels oor ou bekendes – Naas, Botties, Genis, Bula, Lovey, Ters, Juba en al die ander (daar is te veel om op te noem). Ons gesels oor die Italianer (Giovanni Secci) en ons sing spontaan “Marina, Marina, Marina” uit volle bors. Ons gesels oor die lewe, die liefde, ons vrouens, kinders, familie en alle ander ‘diep’ dinge. Ons is soos kinders wat alles wil weet en alles bevraagteken. Daar is geen keer aan ons soeke na dit wat was en dit wat sal wees nie. Soos in ‘n oogwink is dit vier-uur en ons gaan slaap want ek wil nege-uur die lang pad terug aanpak.

Half-nege is ons op maar ek kom nie aan die ry nie – ons staan rond, Wallie spog met sy pogings om Proteas te groei (terwyl hy soos ‘n mal mens kaalvoet sy groot voete oor die wit gerypte gras voortsleep), ons gee raad oor die krake in sy huis, gaan kyk na sy planne vir ‘n kelder, kyk op Facebook na die Reitz “site” wat HW begin het, probeer om vir Wallie ‘n Russiese “girl” in te voer oor die Internet en gesels en gesels – alles net omdat ons die wonder van die oomblik besef.

Ek weet ek moet ry want later die aand tree my dogter op in ‘n opvoering by die skool en sy en haar ma sal my hel gee as ek nie betyds is nie, maar teen tien-uur oorreed Wallie my om ontbyt te gaan eet by die klein restaurantjie net om die draai. Na ‘n kort gewik en geweeg stem ek in en ons ry soontoe. Die plekkie lyk soos iets uit ‘n Weg tydskrif – sandsteen geboutjie met ‘n staal dak en ‘n stoep, winkeltjie waar jy van klere tot konfyt kan koop, buite is daar is ‘n ou rooi posbus, geroeste staal blomme, ‘n ou parkeermeter en gruis op die parkeerplek – so al asof dit die samekoms van ons verlede simboliseer.

Ons eet ontbyt en gesels en gesels. Dit voel asof ons elke laaste stukkie inligting en storie wil opslurp en memoriseer en probeer om die onvermydelike afskeid so lank as moontlik uit te stel.

Ons het gelag en gespeel soos in ons jong dae maar die werklikheid het ons ingehaal – dit was tyd om te groet en die toekoms tegemoet te gaan.

Ek besef as ek nie nou ry nie slaap ek in die spaarkamer; wil die rekening met kredietkaart betaal maar moet hoor dat hierdie tegnologie nog nie in Paul Roux opgedaag het nie en HW betaal kontant. Ons stap na die karre en ek besef daar is nog so baie wat ek wil vra en uitvind maar die uurglas het leeggeloop. Daar staan ons toe – drie, uitgevrete, middeljarige mans wat omtrent alles in die lewe ervaar het – groot Wallie, kragaap HW en grapgat Weppies - skielik is die woorde op en kan ek niks meer sê of strooi praat nie. Hierdie keer omhels ek vir HW en toe ek opkyk sien ek die vlak trane in Walllie se oë. Ek groet hom maar vinnig want ek weet ek gaan nou my naam gat maak hier voor twee van my grootste vriende, gryp haastig my donkerbril, stotter met ‘n breekstem iets soos “sien julle weer”, klim in my bakkie en ry haastig met die stowwerige paadjie af. So 500m verder stop ek en waai vir oulaas maar ek kan niemand sien nie want ek kon die trane nie langer inhou nie en moet ‘n entjie verder weer stop want ek kan nie meer die pad sien nie.

Nog voor ek in Bethlehem is besef ek dat die trane nie trane van hartseer is nie, maar trane van absolute vreugde. Vreugde omdat die Liewe Vader ons die geleentheid gegun het om ‘n onvergeetlike paar ure in mekaar se geselskap deur te bring en ou bande te herstel. Oor die jare het ons toegelaat dat ons vriendskapsketting se skakels beskadig en roes. Dit is soos om ‘n ploeg buite te los en nie op te pas nie – met verloop van tyd roes dit en word dit beskadig, maar, met ‘n klein bietjie aandag word dit weer amper so goed soos nuut. Die paar ure saam het die stukkende en geroeste skakels van ons vriendskapsketting volkome herstel.

Dit is nou maar eenmaal so dat ‘n mens baie pelle het, maar min ware vriende. Dit gebeur baie dat ‘n mens ou vriende raakloop en na ‘n paar minute heers daar ‘n ongemaklike stilte want julle weet nie meer wat om vir mekaar te sê nie. Hierdie was nie een van daardie gevalle nie – nie eers vir ‘n sekonde was daar daardie swaar, swanger stilte nie.

Ware vriendskap kan nie gekoop of ontwerp word nie. Dit kan slegs verdien word indien daar ‘n baie spesiale band is. As gevolg van ons tye saam in Reitz Kamerwonings is hierdie ewige band vir ons geskep. Ware vriendskap strek oor oseane, dit kan nie vernietig word deur tyd, geld of enige ander invloede nie. Vandag weet ek dat HW en Wallie ware vriende is – manne op wie jy kan staatmaak, kan vertrou en wat jou sal bystaan in moeilike tye.

Die paar ure saam sal by my bly totdat ek by “Shady Pines” gaan rus. Ek gaan dit wegsteek in die binnekamers van my siel, dit beskerm, vertroetel en daarby byvoeg as ons mekaar eendag weer sien.

Ons het gelag en gespeel, net soos in ons jong dae….

https://www.facebook.com/groups/Reitzkamerwonings/



Ronald van Dyk
11/8/2013 08:13:41

Die siel van 'n Reitzman: Kosbaar, brutaal-eerlik & onbeskaamd!!


Comments are closed.

    Author

    JP Kruger vir nuus oor Pres Reitz Kamerwonings en Heimat Mannerheim   

    Reitz Heimat Wapen
    Pres Reitz - Heimat

    Archives

    February 2017
    July 2016
    April 2016
    March 2016
    May 2015
    January 2015
    June 2014
    January 2014
    November 2013
    October 2013
    September 2013
    August 2013
    July 2013
    May 2013

    Categories

    All
    1959 1962
    1959 - 1962
    2013
    2013 Reünie
    2013 Reünie
    Amelia
    Gerrit V Wyk
    Heimat Mannerheim
    Huisvergadering
    Mini Reünie 2013 - 76
    Ode Aan Sonnekus En Buschy
    Pieter Odendaal
    President Reitz
    Pres Reitz
    Pres Reitz Kamerwonings
    Robbe
    Robbie Dennis
    Rugby
    Theunis Bekker
    Universiteit Vrystaat

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.