President Reitz Kamerwonings (RKW)
  • Home
  • REITZ
    • Kortliks oor Reitz
    • Reitz 65 / Heimat 5 : Reünie 2013
    • Reitz 2008 : Blouwillem
    • Reünie Foto's 2013
    • Foto's '59 tot '62
    • Foto's '76 tot '79 (1)
    • Foto's '76 tot '79 (2)
    • Foto's 80's (1)
    • Ererol
  • RKW
    • RKW in 'n neutedop
    • Aktiwiteite
    • Doen Aansoek
    • Besoek Ons
    • Fotos:RKW RUGBY 2021
    • Fotos: RKW 7'S 2021
    • Fotos:RKW Koshuislewe-1
    • Fotos:RKW Koshuislewe-2
    • Huisfotos
    • Videos
    • Ererol
    • Tariewe
  • HEIMAT
    • Agtergrond
    • Rugby Kampioene! Beste Koshuis in SA
    • Heimat Jool 2014
    • Belangrike Nuus 2013
    • Heimat 5 : Reünie 2013
    • Foto's 1
    • Foto's 2
    • Foto's Jool 2013
    • Foto's Potch Julie 2013 HM
    • Ererol
  • ROBBE
    • Teken in op Nuusbrief
    • NUOR Komitee 2018-2023
    • Projekte
    • Beplande Mini - Reünie : George : Desember 2015
    • NUOR Bydraes
    • Mini Reünie Maart 2014
    • Robbe Foto's
  • Bestuur en Ons Span
    • Oor die Koshuis bestuur
    • Ontmoet die span:Koshuis bestuur
    • Ontmoet die span:Huiskomitee(HK)
    • Ontmoet die span: Personeel
  • REITZ BLOG
  • KONTAK ONS
  • Reitz : Klere
  • Mini-Reünie: Rhodes: Maart 2022

Beplande Mini-Reünie : George : Desember 2015

Picture
Manne

Ek dink sedert die mini-reünies in George Desember 2013 en 2014 het ons  besef hoe belangrik kontak met ons alma mater is.
Dit was ook so met die mini-reünie in Bloem einde Maart 2014. Behalwe die heerlike samesyn, put mens geweldig baie waarde daar uit.

Kliek hier om meer te lees oor 2014 in George

Nou kom ons begin dan  hierdie jaar vroeg met reëlings vir mini-reünie in George die einde van jaar.  Na diepe oordenking blyk dit dat Maandag 21, Dinsdag 22 of Woensdag 23 Desember 2015 ideaal behoort te wees. Kersdag is die Vrydag.

Die program kan soos onder lyk, afhangende van waar julle vakansie hou in die omgewing. (Kuslangs dink ek Jeffreys tot by Stilbaai en binneland, Oudtshoorn en omgewing).

Wat ons kan doen.

  • Die manne (en vroue) wat lus is en gholfstokke saambring, kan die oggend saam met Johann Faber gaan gholf speel. 
  • Ons reël iets vir die nie-gholfers, vrouens, kinders en kleinkinders . (Dis mos altyd verskoning – die vrouens ken mekaar nie; my kinders is hier; ens.; - nonsens, bring hulle saam dat hulle die Reitz-gees kan ervaar. Hulle is pelle wat mekaar nog net nie ken nie).
  • Die middag en aand kuier ons en eet ietsie.

Dan is daar manne wat nie in die omgewing kuier nie, maar kans sien om hierheen te ry of te vlieg vir die geleentheid.  

Daar is dalk ouens wat vêr moet reis. Laat weet as ons blyplek moet kry. Gebruik die kontakvorm.

Wie stel belang? Dit sluit alle oud-inwoners van Reitz en Heimat Mannerheim in. Ook huidige manne van Heimat.

Voltooi asseblief die RSVP-vorm onder. Dit is baie eenvoudig net om idee te kry. Ek sal die wat belang stel, individueel kontak. Ek weet ook dat manne bekommerd is oor of hul enige iemand gaan ken wat teenwoordig gaan wees. Jy is 'n Reitzman en sal binne minute welkom voel. Maar ek sal wel van tyd-tot-tyd lys publiseer. Iemand van jou jaargroep moet net die eerste treë neem.

Gaan lees die Blog  

Die volgende groot reünie is eers 2018 in Bloemfontein.

Groetnis


    RSVP vir Desember 2015 Mini-Reünie in George

Stuur
Powered by Create your own unique website with customizable templates.