President Reitz Kamerwonings (RKW)
  • Home
  • REITZ
    • Kortliks oor Reitz
    • Reitz 65 / Heimat 5 : Reünie 2013
    • Reitz 2008 : Blouwillem
    • Reünie Foto's 2013
    • Foto's '59 tot '62
    • Foto's '76 tot '79 (1)
    • Foto's '76 tot '79 (2)
    • Foto's 80's (1)
    • Ererol
  • RKW
    • RKW in 'n neutedop
    • Aktiwiteite
    • Doen Aansoek
    • Besoek Ons
    • Fotos:RKW RUGBY 2021
    • Fotos: RKW 7'S 2021
    • Fotos:RKW Koshuislewe-1
    • Fotos:RKW Koshuislewe-2
    • Huisfotos
    • Videos
    • Ererol
    • Tariewe
  • HEIMAT
    • Agtergrond
    • Rugby Kampioene! Beste Koshuis in SA
    • Heimat Jool 2014
    • Belangrike Nuus 2013
    • Heimat 5 : Reünie 2013
    • Foto's 1
    • Foto's 2
    • Foto's Jool 2013
    • Foto's Potch Julie 2013 HM
    • Ererol
  • ROBBE
    • Teken in op Nuusbrief
    • NUOR Komitee 2018-2023
    • Projekte
    • Beplande Mini - Reünie : George : Desember 2015
    • NUOR Bydraes
    • Mini Reünie Maart 2014
    • Robbe Foto's
  • Bestuur en Ons Span
    • Oor die Koshuis bestuur
    • Ontmoet die span:Koshuis bestuur
    • Ontmoet die span:Huiskomitee(HK)
    • Ontmoet die span: Personeel
  • REITZ BLOG
  • KONTAK ONS
  • Reitz : Klere
  • Mini-Reünie: Rhodes: Maart 2022

Foto's : Mini Reünie : Maart 2014 : Bloemfontein
(Kliek op 'n foto om te vergroot)

Berigte En Foto's Wat In Volksblad Verskyn Het Oor Die Mini - Reünie

PictureFoto: Gert Coetzee: Volksblad
Möwe du fliegst in die heimat . . . Inwoners van omstreeks 1976 tot 1980 van die Universiteit van die Vrystaat se destydse Reitz-kamerwonings het die afgelope naweek in Bloemfontein saamgetrek. Hulle het onder meer laer getrek om aan een van hul oudkoshuismaats, Philip Henning, ’n boer van Tweespruit, wat die afgelope twee jaar aan motorneuronsiekte (MNS) ly, hulde te bring vir sy vegtershart. Hier sing van hulle vir Henning (voor) die koshuislied toe. Van links is JP Kruger (nou van George), Deon du Plessis (Aliwal-Noord), Klaas Venter (Johannesburg), Deon van Wyk (Kaapstad), Philip Mostert (Rustenburg), Nic Greyling (Pretoria), Pierre Ludeke (Windhoek), Jack Radford (Reitz) en Beukes van Zyl (Bloemfontein). Van Zyl was ’n latere inwoner van Reitz en die private stadskoshuis Heimat wat in Reitz se plek gevestig is. (Met erkenning aan  VOLKSBLAD, Mense en gebeure, bladsy 6, Saterdag 5 April, 2014)


Jool-komplot uiteindelik oopgevlek
Volksblad Donderdag 03 April 2014

Vermoedens van vuil spel met joolgeld is die afgelope naweek ná meer as 36 jaar in Bloemfontein op ’n saamtrek van oud-inwoners van die destydse Reitz-kamerwonings van die Universiteit van die Vrystaat onder dwang bevestig.

Op die hooffoto wat verlede naweek geneem is, wys Klaas Venter (links), Philip Mostert (middel) en Pierre Ludeke met ’n handvol note hul joolset het oor dekades heen wel dividende opgelewer. Hulle wou nie presies verklap wat die komplot behels het wat hulle as lede van die Reitz-joolkomitee in 1978 gesmee het nie.

Op die inlasfoto is hulle in dieselfde volgorde in 1978 hard aan die konkel om ’n bussie joolgeld. Die dividende op hul beweerde belegging van joolgeld is in verlede naweek se saamtrek ingeploeg. Venter, destyds van Bloemfontein, is ’n sakeman in Johannesburg. Mostert is ’n sakeman in Rustenburg en Ludeke is ’n Namibiese boer buite Windhoek.
Powered by Create your own unique website with customizable templates.