President Reitz Kamerwonings (RKW)
  • Home
  • REITZ
    • Kortliks oor Reitz
    • Reitz 65 / Heimat 5 : Reünie 2013
    • Reitz 2008 : Blouwillem
    • Reünie Foto's 2013
    • Foto's '59 tot '62
    • Foto's '76 tot '79 (1)
    • Foto's '76 tot '79 (2)
    • Foto's 80's (1)
    • Ererol
  • RKW
    • RKW in 'n neutedop
    • Aktiwiteite
    • Doen Aansoek
    • Besoek Ons
    • Fotos:RKW RUGBY 2021
    • Fotos: RKW 7'S 2021
    • Fotos:RKW Koshuislewe-1
    • Fotos:RKW Koshuislewe-2
    • Huisfotos
    • Videos
    • Ererol
    • Tariewe
  • HEIMAT
    • Agtergrond
    • Rugby Kampioene! Beste Koshuis in SA
    • Heimat Jool 2014
    • Belangrike Nuus 2013
    • Heimat 5 : Reünie 2013
    • Foto's 1
    • Foto's 2
    • Foto's Jool 2013
    • Foto's Potch Julie 2013 HM
    • Ererol
  • ROBBE
    • Teken in op Nuusbrief
    • NUOR Komitee 2018-2023
    • Projekte
    • Beplande Mini - Reünie : George : Desember 2015
    • NUOR Bydraes
    • Mini Reünie Maart 2014
    • Robbe Foto's
  • Bestuur en Ons Span
    • Oor die Koshuis bestuur
    • Ontmoet die span:Koshuis bestuur
    • Ontmoet die span:Huiskomitee(HK)
    • Ontmoet die span: Personeel
  • REITZ BLOG
  • KONTAK ONS
  • Reitz : Klere
  • Mini-Reünie: Rhodes: Maart 2022

Reitz Reünie 70 ! Kaartjie Aankope en Klerebestellings

               Daar is nog 5 dubbelkaarjies beskikbaar. Daarna slegs dagbesprekings (R250)



Beste Oud-Reitzman

Dis Reünie-jaar: Reitz 70 ! word deur die Nasionale Unie van Oud-Reitzmanne (NUOR-komitee) in samewerking met die huidige inwoners aangebied te Bloemfontein. 

Kortliks: ( Sien volledige program hier - http://www.presreitzheimat.co.za/program.html )

Die kaartjiepryse sluit die volgende in:
  • Vrydag 31 Augustus 2018
    • Rugby te UV - teen Vishuis 1ste tot 4de Span
    • Spitbraai by koshuis na rugby
    • Reitz Pet
  • Saterdag 1 September 2018
  • Teekan en beskuit om 10:00
  • Dan die Langhuis tot 14:00 by ons ou eetsaal
  • Rugby - Robbe teen span om aangekondig te word om 14:30 tot 16:00
  • Om 18:00 vir 18:30 word die Formele Funksie aangebied te Boet Troskie Saal. Benewens die driegang-buffet en kuier is daar ook lekker program met onder Jakobus Silwer as gaskunstenaar. Blouwillem is seremoniemeester.
  • Kerkdiens om 09:00
  • Sondag 2 September 2018
 
Daar is twee tipe kaartjies wat alles insluit:
  • Enkel Reitzman = R 820.00
  • Reitzman plus metgesellin vir formeel =  R1300.00
Daar is 50 tafels met sitplek vir 10 per tafel.

Indien u geensins die formeel kan bywoon nie, maar wel die ander verrigtinge, moet u asseblief vir my 'n e-pos stuur stuur na reitzreunie@affikampus.co.za. Ek sal dan die prosedure en koste verduidelik. 


Hoe om kaartjie(s) aan te koop (Voor of op 1 Augustus):

  • Kliek op skakel onder. Tik jaartal of naam van reeds gestigte persoonlike groep in soekbalkie in, kies, en koop enige van die twee tipe kaartjies aangebied aan. Jaargroepe en/of persoonlike groepe sal by aangrensende tafels ingedeel word vir formeel. 
  • Bestaande groepe is ingedeel per eerstejaar vanaf 1947 tot 2017 of naam van persoonlike groepe waarby persone van verskillende jaargroep bymekaar wil sit, bv., Beukes van Zyl, Jack Radford, ens. 
  • Die hoeveelheid mense in die groep maak nie saak nie. As daar bv. 30 persone in groep is, sal hulle tafels langs of direk oorkant mekaar wees.
  • Betaling dien as bespreking
  • (Klere kan tydens kaartjie aankope gedoen word, maar is nie nodig nie. Sien onder by klerebestellings.)

Moet asseblief nie na willekeur persoonlike groepe stig nie. Skakel eers vooraf met vriende en kyk of julle nie ten minste 'n tafel kan vol kan kry vir formeel nie.
  • Kyk ook eers of daar nie reeds ‘n groep bestaan waarby ingeskakel kan word nie.
  • Ek sal so gou moontlik na skep van nuwe groepe die name op webtuiste plaas.

                               Koop kaartjies hier aan: http://qkt.io/70-jarige-renie

Klerebestellings (Sluit 1 Augustus 2018):
  • Klere is van hoogstaande gehalte
  • Klere kan tydens kaartjie aankope gedoen word. Dit is egter nie noodsaaklik nie. Gaan net verby klere en click op "continue" en voltooi transaksie vir kaartjie.Dit word egter aanbeveel dat jy nou die klere koop om werk en aflewering te vergemaklik vir die leweransier.
  • Klere kan wel later aangekoop word (voor of op 1 Augustus) deur op hierdie skakel te kliek: https://www.quicket.co.za/events/40592-pres-reitz-kamerwonings-70-jarige-renie/?preview=t#/merchandise
  • Persone wat nie die reünie gaan bywoon nie, maar wel klere wil bestel, moet op bogenoemde skakel kliek en as individu bestel voor of op 1 Augustus.
  • Koerierkoste is nie ingesluit nie.
In alle gevalle word kaartjies en bewys van klerebestellings per e-pos uitgestuur.

Kontak my per e-pos met enige navrae by reitzreunie@affikampus.co.za

Manne, laat weet julle jaargroepe en vriende en kom een en almal en geniet die geleentheid!
PictureReitz Gebreide Trui Met Strepe Ook Agter Op Rug R395

Picture
Warm Baadjie Met Wapen R510
Picture
Gholfhemp Met Wapen R270.00
Picture
Moulose Warm Baadjie Met Wapen R410
Picture
Kortmou Hemp Met Klein Wapen Bo Sak R390
Picture
Langmou Hemp : Klein Wapen Bo Sak R440
Picture
Sweetpak Met Wapen R560
Powered by Create your own unique website with customizable templates.