Reünie : Reitz 70 !
31 Augustus tot 2 September 2018
Beste Oud-Reitzman
Dis Reünie-jaar: Reitz 70 ! word deur die Nasionale Unie van Oud-Reitzmanne (NUOR-komitee) in samewerking met die huidige inwoners aangebied te Bloemfontein. Onder is die program.
Dis Reünie-jaar: Reitz 70 ! word deur die Nasionale Unie van Oud-Reitzmanne (NUOR-komitee) in samewerking met die huidige inwoners aangebied te Bloemfontein. Onder is die program.
PROGRAM
VRYDAG, 31 AUGUSTUS 2018
10h00 – 23:00:
- Aankoms & registrasie by Heimat, Groenewoudstraat 48, Universitas, Bloemfontein (Sien Kaart)
- Reüniegangers ontvang naamplaatjies en pet. Haal hulle bestelde klere af of koop aan in koshuis.
- Kuier gesellig
- Bondfunksie te Heimat
- Uitdeel van truie, besigtig koshuis, Bond-kamer en HK-kamer
- Kuier gesellig op terrein
- Heimat vs Vishuis 1,2,3 en 4
- Prysuitdeling en Bond-funksie, Biertuin: Heimat Grondvloer
- Spitbraai se kos beskikbaar vanaf 21:00.
- Geselligheid: Groot Kuier
- Heimat grondvloer en Senior Bond 6 de vloer
SATERDAG, 1 SEPTEMBER 2018
10h00 – 14h00
- Teekan en beskuit te Heimat
- Opening: Ds. Labushagne (1984)
- (Snoeperye en drankies gedurende dag te koop)
- Lang huisvergadering te Reitz- eetsaal volg 10:30
- Verwelkoming
- Voorsitter Verslag
- Finansies – Pieter van den Berg
- Kort voorlegging oor geskiedenis van Reitz
- Alumni - Jack Radford
- Stel bywonende Primarii, Vorige SR-lede, huidige HK en Senior koshuisbestuur voor
- Verkiesing nuwe komitee vir volgende 5 jaar. Geen nominasies van vloer af nie. Nominasievorms sal vooraf versprei word.
- UV-Raad nominasie
- Punt Algemeen (Die stories en kwinkslae soos altyd)
- Verdaag 13:30
- 14:00: Robbe-rugby tot 16:00
18h00 vir 18:30 tot 23:59
- Formele Dinee
- Boet Troskie-saal te Sentrale Universiteit van Tegnologie in Parkweg.
- Seremoniemeester - Blouwillem Theron
- Verwelkoming
- Tafelgebed (Ruan Janse van Rensburg) Huidige Teologie-student in 6 de jaar
- Kunstenaar Jacobus Silwer (Deurlopend tussendeur)
- Prysuitdeling: Koshuis
- Buffet-ete (Voorgereg en wyn op die tafel)
- Ridderprojek - Jack Radford
- Kuier en dans
- Koshuislied
- Auld Lang Syne
SONDAG, 2 SEPTEMBER 2018
09h00 - 10h00
- Kerkdiens te NG-kerk : Universitas
- Ds. Jan Pretorius (1977 eerstejaar)
10h00
Tee, groet en vertrek
Koop kaartjies en klere hier aan: http://www.presreitzheimat.co.za/reuumlnie-kaartjies-en-klere.html
Neem asseblief kennis dat ons binne Drankregulasies moet opereer. Geen eie drank sal op die onderskeie persele toegelaat word nie.
Ons probeer verblyf teen afslag reël.
Drag na formeel: Ten minste das en baadjie